oupa [boodskap #126766] |
Wed, 26 June 2019 08:38 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
oupa
Afbreking: ou•pa
Uitspraak: /ˈəʊ̯pɑ/
Selfstandige naamwoord: oupa
Meervoud: oupas
Verkleinwoord: oupatjie
Meervoud van verkleining: oupatjies
Betekenis:
• 'n Mens se pa of ma se pa.
Gebruik:
• Buks het by sy oupa en ouma gaan woon nadat hy sy ouers verloor het.
Spreekwoord:
• My oupa se hond en sy oupa se hond het saam die aas weggesleep. [Ons is baie verlangs familie.]
Sinoniem:
• grootvader
Antoniem:
• ouma
Afgelei:
• oupa-grootjie
Vertaling:
Engels: grandfather, grandad, grandpa, poppi
Nederlands: opa, bompa
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|