Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » vroulik
vroulik [boodskap #126764] Wed, 26 June 2019 06:30
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20946
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
vroulik
Afbreking: vrou•lik
Uitspraak: /ˈfrəʊ̯lək/




Byvoeglike naamwoord: vroulik
Vergrotende trap: vrouliker
Oortreffende trap: vroulikste
Attributief: vroulike

Betekenis:
• (biologie) Behorende tot die geslag wat vir voortplanting verantwoordelik is.
• (sosiologie) Met gedrag soos van vroue verwag word; kenmerkend vir 'n vrou; fyn soos dit stereotipies 'n vrou betaam.
• (grammatika) Behorende tot 'n verbuigingsgroep wat nóg manlik nóg onsydig is.

Gebruik:
• 'n Vroulike blom beskik oor 'n stamper.
• Om vroulik te wees moet jy nie net 'n ware dame wees nie, maar ook sag, liefdevol en beskroomd.
• Die vroulike vorm van "orrelis" is "orreliste".

Antoniem:
• manlik
• onvroulik

Afgelei:
• vroulikheid

Vertaling:
Engels: womanly, female; feminine
Nederlands: vrouwelijk

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: manlik
Volgende onderwerp: bad
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wed Dec 25 07:10:39 UTC 2024