Betekenis:
• (anatomie) Plat beweeglike orgaan in die mond van 'n mens of dier.
• (figuurlik) Iets wat soos 'n tong lyk of daaraan herinner (landtong; tong van 'n skoen, ens.)
• Taal van 'n volk.
Gebruik:
• Die tong is die primêre orgaan vir smaak (proe), omrede die boonste oppervlak daarvan met honderde smaakpapille bedek is.
• Die strand loop met 'n lang tong in die see in.
• Die Afrikaanse tong val soet op die oor.
Spreekwoord:
• Dis op my tong. [Ek kan my net nie die ding herinner nie.]
• Hy het 'n dubbele tong. ['n Mens kan nie op hom peil trek nie.]
• Hy het 'n gladde tong. [Hy praat goed en gemaklik.]
• Hy het sy tong ingesluk. [Iemand sê geen woord nie.]
• Hy is lank van tong. [Baie skinder.]
• Sy tong slaan dubbel. [Iemand praat moeilik omdat hy dronk is.]