Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » sport
sport [boodskap #126760] Tue, 25 June 2019 19:43
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20946
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
Verskillende sportsoorte.
Verskillende sportsoorte.
'n Leer met vier sporte.
'n Leer met vier sporte.
sport
Afbreking: sport




Selfstandige naamwoord: sport
Meervoud: sporte
Verkleinwoord: sportjie
Meervoud van verkleining: sportjies

Betekenis:
• 'n Fisieke- of denkspel wat as ontspanning beoefen of in kompetisieverband gespeel word.
• Die trap van 'n leer of die dwarsbalk van 'n hek, stoel, ens.

Gebruik:
• Die beoefening van sport hou mense aktief en gesond, vandaar die slagspreuk: 'n gesonde liggaam huisves 'n gesonde gees.
• Sy sal niks in haar pad laat staan om die hoogste sport van haar beroep te bereik nie.

Hiponiem:
• boeresport
• seilsport
• skisport
• skoolsport
• somersport
• spansport
• sweefsport
• swemsport
• wintersport

Afgelei:
• sportafdeling
• sportafrigter
• sportafrigting
• sportbaadjie
• sportbeampte
• sportbemarking
• sportbenodigdhede
• sportbeoefenaar
• sportbeoefening
• sportbesering
• sportbestuur
• sportbeurs
• sportblad
• sportbloes
• sportbroek
• sportbyeenkoms
• sportdoeleindes
• sportdrag
• sportfanatikus
• sportfees
• sportgebeure
• sportgebied
• sportgebou
• sportgees
• sportgeleentheid
• sportgeriewe
• sportheld
• sporthemp
• sportief
• sportkenner
• sportklere
• sportkleure
• sportklub
• sportkompleks
• sportkostuum
• sportkringe
• sportkyker
• sportliefhebber
• sportliewend
• sportloopbaan
• sportmal
• sportman
• sportmanskap
• sportmotor
• sportnuus
• sportonderwyser
• sportpark
• sportraad
• sportrubriek
• sportsak
• sportseisoen
• sportsentrum
• sportsielkundige
• sportsitplek
• sportskoen
• sportskrywer
• sportsoort
• sportspan
• sportstadion
• sportster
• sportstigting
• sportterm
• sportterrein
• sporttoerusting
• sporttydskrif
• sportuitrusting
• sportuitslae
• sportveld
• sportvereniging
• sportvertoning
• sportvlieër
• sportvliegtuig
• sportvrou
• sportvyande
• sportwedstryd
• sportwêreld
• sportwese
• sportwinkel

Vertaling:
Engels: sport; step, rung
Nederlands: sport

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: Vrydag
Volgende onderwerp: sout
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wed Dec 25 06:07:04 UTC 2024