Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » neus
neus [boodskap #126755] Di, 25 Junie 2019 07:12
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19065
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Neus.
'n Neus.
neus
Afbreking: neus
Uitspraak: /nɨə̯s/




Selfstandige naamwoord: neus
Meervoud: neuse
Verkleinwoord: neusie
Meervoud van verkleining: neusies

Betekenis:
• (anatomie) Reukorgaan van mens of dier, net bokant die mond, wat word gebruik om mee te ruik en asem te haal.
• Die voorste deel van 'n voorwerp.

Gebruik:
• 'n Olifant gebruik sy neus om mee te vat en te eet.
• Die neus van die vliegtuig is beskadig.

Spreekwoord:
• Teen jou neus vaskyk. [Iets nie raaksien nie; onoplettend wees.]
• Tussen neus en oë verdwyn. [Vlak voor jou wegraak.]
• Agter jou neus aanloop. [Iets doen sonder om te dink.]
• 'n Snuf in die neus kry. [Iets agterkom.]
• Hy kyk op sy neus. [Teleurgesteld of verleë wees.]
• Iemand aan die neus lei. [Met hom doen wat jy wil.]
• Iemand iets onder die neus vrywe. [Iemand iets verwyt; gedurig weer 'n onaangename saak ophaal.]
• Jou neus daarvoor optrek. [Dit minag.]
• Jou neus in die wind steek. [Hoogmoedig wees.]
• Jou neus orals insteek. [Jou met iemand anders se sake bemoei.]
• Met die neus in die lug loop. [Hoogmoedig wees.]
• Met jou neus in die boeke sit. [Gedurig besig wees om te studeer.]]
• Nie 'n knip voor die neus werd wees nie. [Beteken baie min.]
• Nie verder kyk as wat jou neus lank is nie. [Nie vooruit dink nie.]
• Wie die laaste druppel uit die kan wil hê, kry die deksel op sy neus. [Wie die uiterste begeer, kry dikwels niks.]
• Wie sy neus skend, skend sy aangesig. [Wie van familie kwaadpraat, deel self in die skande.]

Afgelei:
• loopneus
• snotneus
• wysneus

Verwant:
• nies

Vertaling:
Engels: nose
Nederlands: neus
Venda: ningo
Xhosa: impumlo
Zoeloe: ikhala, impumulo

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: koop
Volgende onderwerp: lugbesoedeling
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 23 20:12:59 MGT 2024