boot [boodskap #126753 ]
Di, 25 Junie 2019 06:53
Leksikograaf
Boodskappe: 20799Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Russiese patrollieboot.
boot
Afbreking: boot
Uitspraak: /bʊət/
Selfstandige naamwoord: boot
Meervoud: bote
Verkleinwoord: bootjie
Meervoud van verkleining: bootjies
Betekenis:
• 'n Watervaartuig wat met spane, 'n seil of 'n motor op water vorentoe beweeg word (gewoonlik groter as 'n skuit, maar heelwat kleiner as 'n skip).
Gebruik:
• Die kinders roei met 'n boot oor die water.
Sinoniem:
• skip
• skuit
Hiperoniem:
• vaartuig
Hiponiem:
• handelsboot
• motorboot
• passasiersboot
• patrollieboot
• reddingsboot
• rivierboot
• roeiboot
• seilboot
• skiboot
• sleepboot
• snelboot
• stoomboot
• veerboot
• vissersboot
• vragboot
Vertaling:
Engels: boat, steamer
Nederlands: boot
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.