paljas [boodskap #126744] |
Mon, 24 June 2019 07:18 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
paljas
Afbreking: pal•jas
Uitspraak: /ˈpɐl.jɐs/
Selfstandige naamwoord: paljas
Meervoud: paljasse
Verkleinwoord: paljassie
Meervoud van verkleining: paljassies
Betekenis:
• 'n Hanswors of nar; iemand in verspotte drag wat mense met toertjies en grappies vermaak.
• 'n Toormiddel of doepa.
Gebruik:
• Die paljas vermaak die kinders by die sirkus.
• Agapanthus is onder andere vir paljas en medisyne gebruik.
Sinoniem:
• hanswors
• nar
Vertaling:
Engels: jester, clown, fool, baffoon; magic potion
Nederlands: paljas
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|