Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » steel
steel [boodskap #126740] Sun, 23 June 2019 19:48
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20946
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Graaf met sy steel na agter.
'n Graaf met sy steel na agter.
steel
Afbreking: steel




Selfstandige naamwoord: steel
Meervoud: stele
Verkleinwoord: steeltjie
Meervoud van verkleining: steeltjies

Betekenis:
• Die lang staafvormig handvatsel van gereedskap (soos ’n besem, byl of hamer).
• (plantkunde) Deel van 'n plant, waarmee 'n blom of vrug aan die stingel vassit; blomsteel.

Gebruik:
• Die besem se steel het gebreek. Oupa suig aan die pyp se steel.
• Pluk die blom onder by sy steel af.

Vertaling:
Engels: handle, shaft; stem
Nederlands: steel


Werkwoord: steel
Verlede tyd: het gesteel
Teenwoordige deelwoord: stelende

Betekenis:
• Diefstal pleeg; sonder toestemming iets neem wat aan 'n ander behoort.

Gebruik:
• Die dief steel geld.

Spreekwoord:
• Iemand se hart steel. [Jou by iemand bemind maak.]
• Die melk uit iemand se koffie steel. [Fyn skelm wees.]

Sinoniem:
• gaps
• vaslê

Vertaling:
Engels: to steal, rob
Nederlands: stelen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: agtervoegsel
Volgende onderwerp: kos
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wed Dec 25 06:20:50 UTC 2024