Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » sore
sore [boodskap #10848] |
Mon, 22 September 1997 00:00 |
vira
Boodskappe: 182 Geregistreer: April 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
My buurman kom sê vandag vir my "ons moet sore vir mekaar". ek sê ja. Hy sê
die mens is 'n groep-gedierte. Hy sê ons het mekaar nodig. Afrikaanse mense is
te insul�r. Elkeen worrie maar vir homself, die ander ou se probleem is nie
syne nie. ek sê nee. Dis die moderne lewe. Ek sê Afrikaners is minder so as
ander westerse volke. Ek het al my lewe al eerder by 'n Afrikaner om hulp
aangeklop as by 'n ander een.
En die lelike deel van my dink en wie se skuld is dit nou dat jy vier kinders
het om voor te "sore". En wie se skuld is dit dat Vira nie 'n man het om mooi
vir haar of die kinders te "sore" nie.
Maar ek is net bedonnerd. Omdat hierdie dogter van my wat more verjaar nou vir
my sê sy gaan hier aangesleep kom met dertig tieners wat deur die nag more wil
party hou. En "alternative" musiek speel. Moenie my vra wat dit is nie. Ek weet
net dis kliphard. Ek beter nou al vriendelik met die bure gaan praat. Maar ek
staan en kook 'n enorme pot hoender-kurrie omdat die hordes mos gevoer moet
word. En worsrolletjies. En klomp ander goed.
En ergste van alles is hulle gaan my ateljee oorneem vir hulle party - dis al
lekker plek wat daar is. Ja. reg. En my werksbank is nou toegemaak. En ek
mompel so in die kerrie-pot in, in voorbereiding vir die toespraak wat ek gaan
lewer voor die affêre begin. Laat eeeeen van hulle dit net waaaaag....! om die
grens oor te steek wat ek gemaak het tussen my werkbank, en hulle jol-plek.
Maar hulle lag net vir my. Ek moes voor nou getrou het. Met die grootste ou
wat ek kon vind. Een wat bereid sal wees om my toekoms te beskerm teen die
hordes wat gaan toesak. Matriek seuns met karre en biere . Ek is doodbang!
En boonop 'n dogter met lang blonde hare en 'n swart leer broek.
Ek is gewoond om ma en pa en broodwinner en kok en skottelgoedwasser te wees,
soms voel dit selfs ek moet alle-dinge-vir-alle-mense wees, maar ek was nog
nooit 'n polisieman gewees nie. Hoe maak ek nou?????
Ek hoop maar my liewe Christen buurman "sore" so bietjie vir my, as dinge
hand-uit ruk.
Met liefde,
Vira.
|
|
|
Re: sore [boodskap #10871 is 'n antwoord op boodskap #10848] |
Thu, 25 September 1997 00:00 |
vira
Boodskappe: 182 Geregistreer: April 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On 9/25/97 7:14AM, in message , "AM
de Lange" wrote:
>
>
> En toe - hoe Het dit afgeloop?
>
Liewe At
Baie dankie vir jou goeie raad. Ek het dit toe gevolg, en vir 'n lang ruk die
"pose" gehou. Dit het my darem so bietjie innerlike sterkte gegee. En dit het
so goed afgeloop, die kinders het sulke mooi maniere gehad, dat ek my eintlik
geskaam het vir my bedenkinge. Ek kom toe agter dat as mens net verby die
houding kan kyk, die ongelooflike haarstyle, en die bravade , het hulle harte
van goud. Ek is nou baie bly ek het dit alles gedoen en toegelaat.
Ek het geen beperkinge gestel nie, behalwe om vir hulle te sê dit is my huis,
my werkplek, en hulle moet dit asb respekteer. Hulle het nie eers 'n enkele
glas gebreek nie, niks. Ek het niks belet nie. Ek het nie gesê geen drank,
g'n rook, g'n dwelms ~ niks nie. Ek wou sien wat gebeur by 'n normale
partytjie wat my dogter by 'n ander plek sou bywoon, en wat maak hulle met
carte blanche.
Hulle het pool gespeel, 'n uitheemse geraas uit luidsprekers uitgesaai, gesels
en so bietjie gedans. Het ek gesê dans? Hulle "mosh". Dit beteken hulle neem
'n running start, en bots dan skouers teen mekaar. Dit stoot elkeen in 'n
ander rigting en die bulgeveg begin weer van vooraf. Al wat kort is die rooi
vlaggie. Okaai. Different strokes for different folks.
Ek dog dit begin 7 uur. Hulle het hier vroeg die middag al begin aankom. Die
eerste outjie was gebreklik. Hy't nie hare links en regs van sy kop gehad nie.
Net in die middel. Langes. Wat hy later in 'n ponie vasgemaak het. Ek wou nog
aromaterapie olies vir hom op sy kop gesmeer het, om die hare te help groei,
maar daar was nie tyd nie. Toe moes hy maar saam met my dogter en haar
vriendin in die kombuis help, en worsies, kasies en uie op cocktail stokkies
sit. Eers was hy baie "henpecked" toe die meisiekinders aanhou vir hom sê so!
nie so! nie! Toe was ek verbaas oor hy dit alles met 'n goue humeur gevat
het. Binnekort het hy dit daardie stokkies soos 'n ware swaardvegter hanteer.
Sommer loshande. Ek sien toe sy gebrek aan hare nie eers meer raak nie, het my
net verwonder aan hom.
Sien, ek het baie kos op baie klein bordjies gesit. Dit het beteken ek moes
heel nag in en uit gaan by die party kamer, met fyn gespitste oë. Dis nou nie
dat ek wou rondhang en vir hulle staar nie, daardie kos en borde moets net op
'n aanhoudende trant in en uit geloop word.
Al drama wat ons deur nie nag gehad het, was dat twee van hulle dronk geword
het.
My dogter het baie vriende. Van alle ouderdomme, rasse, geslagte - you name
it. Sy self is in Std 7 (hulle noem dit nou Form II), maar die meeste seuns
was so om en by Std 9 of 10. Die jongste wat sy genooi het was 'n klein ou
litey in Std 6. Hy's net so two bricks and a tickey high. Hy loop toe in, gee
die groot seuns een kyk en besluit "anything you can do I can do better!". Ja.
Ek gaan kombuis toe en gooi gou 'n pons bymekaar, met so bietjie wyn,
druiwesap, Sprite, vrugte, ens. Bring dit in en waarsku nog nie kinders daar's
wyn in, as hulle dit nie kan vat moet hulle dit nie drink nie.
Ek sien toe een van die seuns het 'n volle bottel brandewyn wat daar staan, 'n
ander een het 'n bottel sjampanje in die yskas gesit.
Volgende ding wat ek sien sit two bricks and a tickey op die gras en tjank. Met
'n nat kop. Daar's 'n beskermende kring om hom, wat vinnig vir my verduidelik
hy't per ongeluk sy kop teen die muur ge"mosh". Ek sê wys my die bloed. Nee,
hy't sy been ook seergemaak, nou kan hy nie lekker loop nie. Ek sê wys my die
been. Nee, dis eintlik so. Hy't nog nooit gedrink nie en nou twee glase van
my pons gehad, en nou's hy siek. So siek hy't sy broek natgemaak. Ek gaan in,
en hier kom hulle hom ingedra, bed toe, en hol vir emmers rond. Hy huil "ek
gaan nooit, nooit weer drink nie!" Ek voel soos 'n hond.
Ek haal my kleintjie, die een wat Child-Line gaan bel as ek nie oppas nie. Gee
vir haar 'n glas pons en watch haar. Daar gebeur niks. Sy's piekfyn. Wil nog
hê. Nou soek ek antwoorde. Die waarheid kom toe uit. Hy gryp die groot ou se
brandewyn, (die probeer nog keer), en sluk 'n halwe bottel weg. Gedink hy kan
drink met die manne. Voor sy ma gekom het druk een van die grotes hom onder
die stort in, toe kon hy ten minste kar toe loop. Ek reken hy't sy les geleer,
en sê net vir ma hy't nie die pons lekker verdra nie.
Ek wil te graag gesien het hoe reageer die matrieks toe gister by die skool,
toe hy hulle daar raakloop. Sal hulle altyd bly spot met hom, of is hy hulle
nuwe klein "mascot" - Die kleintjie wat saam met hulle probeer drink het? Ek
was verstom hoe sit daai groot seuns die drank weg. Dit afekteer hulle nie
eers nie. Hulle het hol bene.
Die ander een wat uitgepass het, het ek van vooraf geweet - saam met hom kom
probleme. Hy was een van hulle gewees op skool, tot 'n hele paar dinge op 'n
slag vir hom baie verkeerd gegaan het, en hy kon dit nie hanteer nie. Hy't die
verkeerde pad gevat, maar ons is lief vir die seun, en my deur staan altyd vir
hom oop. Dis al wat hom sal help. Ander vriende se ouers sê hy's nie meer
welkom by hulle nie (dis te verstane), maar dit druk hom net terug na die
verkeerde mense toe. Ek het vir my kinders geleer jy draai nie jou rug op 'n
vriend wat probleme het nie. Hierdie seun was by ons kinderpartytjies, toe
hulle nog baie kleiner was. En hy word nou ook nog genooi, probleme en al. Ek
dink hy is al 'n alkoholis, en ek glo ook het al dwelms geneem, maar ek dink nie
hy's verslaaf nie. Ek weier om hom weg te jaag. Die ander kan maar wegbly as
hulle nie van hom hou nie. Tussen ander ongelooflike probleme, is my ma aan
die sterf van kanker.
Mense het al in my gesig gesê watter vrot ma ek is, omdat ek my dogter
blootstel aan iemand met dwelms ens. Ek moenie huil as ek met dieselfde
probleem sit nie, dan's dit my eie skuld. Maar weet jy At, my dogter is soos
'n klein ma vir daardie seun. Al het ek op 'n stadium ge"worry" of ek die
verkeerde ding doen, sien ek nou die teenoorgestelde het gebeur. Sy't gesien
hoe hy agteruitgaan, en dit breek haar hart wat hy aan homself besig is om te
doen. Dit, meer as enig iets wat ek kon gesê het, sit haar af van drank,
dwelms, ens. Sy sien met haar eie verstand wat doen dit aan iemand wat sy
liefhet.
Toe hy aankom, sit hy sy dinge neer, en my dogter sê ek moet hom besig hou. Ek
weet nie wat aangaan nie, maar sy sê just do it! Later hoor ek sy't in al sy
goed gaan krap om seker te maak hy bring nie dwelms na haar partytjie toe nie.
Sy vind 3 pille, gee een vir my, en vernietig die ander. Wys jou net. Ons
ouers dink ons kan keer, maar die kinders weet veel beter wat aangaan as ons.
(So twee jaar terug, het daar skielik 'n dagga plantjie in my tuin gegroei.
Waarvandaan weet ek nie. Ek's so dom met daardie dinge, ek weet nie eers wat
dit is nie. My dogter het my ingelig. Almal skreeu net Trek Uit! Vernietig!.
Ek sê toe, nee, die plantjie bly. Toe mos jy gehoor het wat se verkome ma was
ek! Almal meen ek speel met vuur. Gelukkig is ek nie bang vir vuur nie. Ek sê
toe vir my kind - hier's dit, as jy dit wil probeer gaan jy nie na 'n "pusher"
toe nie. Jy betaal nie al jou sakgeld nie. Dis onkruid, 'n ou bossie in die
tuin, niks watswonders nie. Eet dit, rook dit, doen wat jy moet. Sy sê nee
dankie. Die ding groei toe amper so groot soos 'n huis, en vrek vanself. Niks
verder het daarvan gekom nie. Daar was ook niks mystique daaraan nie. Huge
anti-climax.)
Anyway, die dronkies het niks moeilikheid gemaak nie. Pass net stilletjies uit.
Maar iemand het gesien die seun het pille by hom. Nou weet ek nie wat het hy
gemeng met die drank, en hoe gevaarlik dit is nie. Ek sit toe op die foon, bel
een apteker na die ander, verduidelik hoe lyk die pil. Niemand kan my sê nie.
Uiteindelik praat ek self met die Drugs Clinic. Hulle sê daar's so baie goed
op die mark, niemand kan meer weet nie.
Ek's doodbang hy gaan in 'n koma of iets. Moet ek hom hospitaal toe neem vir
'n maag pomp? Ek sit toe en pas hom op terwyl hy slaap, tot hy 6 uur die
oggend wakker word en wil gaan swem. Die party is nog in full swing. Ek vra
hom watter pille hy gehad het. Hy sê Vitamine C en aspiriene. Ek kan dit
skaar's glo. Hy meen dit help vir die drink. Yeah right. Hy sê nee rerig, dis
Colcaps. Ek hol badkamer kas toe, gryp die Colcaps en maak seker. Dis presies
dieselfde! Ek het selfs die kapsule oopgemaak, fyn bespiegel, en geproe. En
hoe't ek hom nie verdink nie! Sies, Vira.
Teen 12 uur die volgende middag is hulle so stadig aan moeg geparty, en vertrek
die laastes.
Die ding wat my die sterkste geraak het, is hoe goed almal was, en hoe mooi
hulle mekaar opgepas het. Dis asof hulle 'n geslote kring gevorm het, om vir
my te jok en vir mekaar te sorg. Hulle het mekaar melk gebring, gewas, gehelp
siek word, skoongemaak, en nie 'n enkele woord van baklei, tussen omtrent
dertig van hulle nie. Party van hulle het gerook, maar buitekant, sonder dat
ek 'n woord daaroor gesê het. Sonder dat ek gevra het, het my dogter en haar
vriendin (plus die een wat nou weer wakker was) die hele plek skoongemaak,
alles gewas en weggesit - ek was retig baie "impressed" met hulle.
Wat my wel geskok het, was die ouers van party. Ek dink veral die meisies. Van
hulle het planne gemaak om oor te "slaap" , (daar't niemand geslaap nie), maar
ander se ouers moes gedink het hulle dogters kom terug huis toe die aand. Dit
was 'n "last minute" ding dat hulle my gevra het of hulle kon aangaan.
Oorspronklik het ek gesê middernag moet hulle loop. Maar hulle was so soet
gewees, ek het glad nie omgegee nie. Wat ek wil sê is, van die dogters (en
seuns) het toe nooit huistoe gegaan nie, en daar was nie een bekommerde ouer
wat gebel het of hier opgedaag nie. As ek my dogter teen 'n sekere tyd
verwag, beter sy terug wees, or else! Ek het heel tyd gewag vir die ouers wat
wil weet waar hulle kinders is. Niks nie. Tot nou toe. Gee hulle dan nie om
wat hulle kinders maak nie?
Nou dat alles verby is, is ek baie bly ek het gesien wat maak hulle as hulle
drink, hoe is hulle normale gedrag by so 'n ding, en ek is minder bang om my
dogter na hulle partytjies te laat gaan. Sy was verbasend volwasse gewees.
Een van die meisies (nogal een met verskriklike streng ouers - sy mag omtrent
nooit uitgaan nie) is gevra deur een outjie of sy met hom wil uitgaan. Sy sê op
die daad ja, en begin vry met hom. 'n Ruk later vra 'n ander een haar. Sy sê
dadelik weer ja, en begin weer vry. My dogter was baie vies. Mens maak nie so
nie, en sy't heel dag Woensdag niks met haar gepraat nie. Dit het daardie een
heeldag se mooipraat gekos voor hulle weer vriende was. Ek sê toe, ek dink dis
omdat sy so min uit die hok gelaat word. Dan voel sy sy't jare se dinge om in
een aand in te haal.
Weereens dankie, At, vir jou ondersteuning. Dit was 'n groot sielkundige hulp
gewees. En die kinders dink nou my dogter se ma is baie kewl. Nee, net
slinks. I want to know what I'm up against.
Beste groete,
Vira.
|
|
|
Re: sore [boodskap #10872 is 'n antwoord op boodskap #10848] |
Thu, 25 September 1997 00:00 |
At de Lange
Boodskappe: 297 Geregistreer: November 1995
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
skryf:
> Ek is gewoond om ma en pa en broodwinner en kok en skottelgoedwasser te wees,
> soms voel dit selfs ek moet alle-dinge-vir-alle-mense wees, maar ek was nog
> nooit 'n polisieman gewees nie. Hoe maak ek nou?????
>
> Ek hoop maar my liewe Christen buurman "sore" so bietjie vir my, as dinge
> hand-uit ruk.
Liewe Vira,
En toe - hoe Het dit afgeloop?
Beste wense
At de Lange
|
|
|
Re: sore [boodskap #10873 is 'n antwoord op boodskap #10848] |

Re: sore [boodskap #10874 is 'n antwoord op boodskap #10848] |
Thu, 25 September 1997 00:00 |
vira
Boodskappe: 182 Geregistreer: April 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
In my vorige brief staan:
> Tussen ander ongelooflike probleme, is my ma aan
> die sterf van kanker.
Verskoon tog die tikfout. Dit moet lees "is _sy_ ma .... ".
V.
|
|
|
Re: sore [boodskap #10875 is 'n antwoord op boodskap #10848] |

Re: sore [boodskap #10885 is 'n antwoord op boodskap #10848] |
Fri, 26 September 1997 00:00 |
vira
Boodskappe: 182 Geregistreer: April 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On 9/26/97 3:15PM, in message , "AM
de Lange" wrote:
> Dit laat my dink aan Beethoven se negende simfonie. Toe die
> idee ontluik dat die menslike stem 'n deel van die simfonie is,
> moes hy 'n onderwerp kies. Van die duisende wat hy kom kies,
> was dit spesfiek VREUGDE!
En dit van 'n man wat sy eie musiek nie kon hoor nie. Wel ~ hy kon, natuurlik.
>
Groete,
Vira.
|
|
|
Re: sore [boodskap #10886 is 'n antwoord op boodskap #10875] |
Fri, 26 September 1997 00:00 |
At de Lange
Boodskappe: 297 Geregistreer: November 1995
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
skryf,
Liewe Vira,
> Baie dankie vir jou goeie raad. Ek het dit toe gevolg, en vir 'n lang ruk die
> "pose" gehou. Dit het my darem so bietjie innerlike sterkte gegee. En dit het
> so goed afgeloop, die kinders het sulke mooi maniere gehad, dat ek my eintlik
> geskaam het vir my bedenkinge. Ek kom toe agter dat as mens net verby die
> houding kan kyk, die ongelooflike haarstyle, en die bravade , het hulle harte
> van goud. Ek is nou baie bly ek het dit alles gedoen en toegelaat.
'n Vrou kan met haar o"e omtrent alles reg kry.
Ek seker jy het daardie regte "kyk" gehad wat
al hulle voornemens van bravades laat verkrummel
het.
> Sien, ek het baie kos op baie klein bordjies gesit. Dit het beteken ek moes
> heel nag in en uit gaan by die party kamer, met fyn gespitste oë. Dis nou nie
> dat ek wou rondhang en vir hulle staar nie, daardie kos en borde moets net op
> 'n aanhoudende trant in en uit geloop word.
Slim verby!
> Al drama wat ons deur nie nag gehad het, was dat twee van hulle dronk geword
> het.
> Ek wil te graag gesien het hoe reageer die matrieks toe gister by die skool,
> toe hy hulle daar raakloop. Sal hulle altyd bly spot met hom, of is hy hulle
> nuwe klein "mascot" - Die kleintjie wat saam met hulle probeer drink het? Ek
> was verstom hoe sit daai groot seuns die drank weg. Dit afekteer hulle nie
> eers nie. Hulle het hol bene.
Hulle is geoefen. En dis die tragiek daarvan.
Ek het self as student daardie oefeninge gedoen.
Vandag weet ek dat ons almal op soek is na vreugde, na die
opskoppe wat die lewe bied, en selde besef hoeveel te vinde
is in ontluikings.
Dit laat my dink aan Beethoven se negende simfonie. Toe die
idee ontluik dat die menslike stem 'n deel van die simfonie is,
moes hy 'n onderwerp kies. Van die duisende wat hy kom kies,
was dit spesfiek VREUGDE!
> Hierdie seun was by ons kinderpartytjies, toe
> hulle nog baie kleiner was. En hy word nou ook nog genooi, probleme en al. Ek
> dink hy is al 'n alkoholis, en ek glo ook het al dwelms geneem, maar ek dink nie
> hy's verslaaf nie. Ek weier om hom weg te jaag. Die ander kan maar wegbly as
> hulle nie van hom hou nie. Tussen ander ongelooflike probleme, is my ma aan
> die sterf van kanker.
Joune of syne?
Ek kan nie van die gedagte ontsnap dat ons nie ons
probleme kan oplos nie vanwee ons gebrekkige kreatiwiteit.
Om 'n ander mens se porbleme vir hom/haar op te los, help
niks nie. Al wat ons kan doen, is om daardie persoon se
kreatiwitiet te help aanwakker sonder om dit oor te neem.
Dit vereis onvoorwaardelike liefde.
> Mense het al in my gesig gesê watter vrot ma ek is, omdat ek my dogter
> blootstel aan iemand met dwelms ens. Ek moenie huil as ek met dieselfde
> probleem sit nie, dan's dit my eie skuld. Maar weet jy At, my dogter is soos
> 'n klein ma vir daardie seun. Al het ek op 'n stadium ge"worry" of ek die
> verkeerde ding doen, sien ek nou die teenoorgestelde het gebeur. Sy't gesien
> hoe hy agteruitgaan, en dit breek haar hart wat hy aan homself besig is om te
> doen. Dit, meer as enig iets wat ek kon gesê het, sit haar af van drank,
> dwelms, ens. Sy sien met haar eie verstand wat doen dit aan iemand wat sy
> liefhet.
Blootstelling of 'n geleidelike oopmaking is noodsaaklik
om kreatiwiteit te verhoog. 'n Onmiddelike en totale
oopmaak is egter 'n resep vir vernietiging, net soos 'n
te trae oopmaking. Dit word geillustreer deur wat jy as
volg skryf:
> Nou dat alles verby is, is ek baie bly ek het gesien wat maak hulle as hulle
> drink, hoe is hulle normale gedrag by so 'n ding, en ek is minder bang om my
> dogter na hulle partytjies te laat gaan. Sy was verbasend volwasse gewees.
> Een van die meisies (nogal een met verskriklike streng ouers - sy mag omtrent
> nooit uitgaan nie) is gevra deur een outjie of sy met hom wil uitgaan. Sy sê op
> die daad ja, en begin vry met hom. 'n Ruk later vra 'n ander een haar. Sy sê
> dadelik weer ja, en begin weer vry. My dogter was baie vies. Mens maak nie so
> nie, en sy't heel dag Woensdag niks met haar gepraat nie. Dit het daardie een
> heeldag se mooipraat gekos voor hulle weer vriende was. Ek sê toe, ek dink dis
> omdat sy so min uit die hok gelaat word. Dan voel sy sy't jare se dinge om in
> een aand in te haal.
> Weereens dankie, At, vir jou ondersteuning. Dit was 'n groot sielkundige hulp
> gewees. En die kinders dink nou my dogter se ma is baie kewl. Nee, net
> slinks. I want to know what I'm up against.
Dit was 'n plesier, Vira. Maar dis jou kreatiwiteit en dit wat
jou dogter by jou daarvan geleer het, wat die saak eintlik
so goed laat afloop het. Al wat ek gedoen het, was om by
jou so subtiel as moontlik in te skerp dat nie jou buurman
of enigeen op die NG jou sou kon help nie, maar net jy
jouself!
Om iemand anders te help deur vir daardie persoon te skep
in plaas van om daardie persoon op te roep om self te skep,
ontmagtig daardie persoon veel meer op die lange duur as wat
dit daardie persoon op die korte duur bemagtig. Dit is omdat
sulke skeppings vir iemand anders so ontoereikend dat
daardie persoon hulle nie eers as 'n wonderwerk kan beskou
nie. Gevolglik kan 'n mens se ontoereikende skeppings nie
daardie persoon oproep om self te skep nie.
Beteken dit dat 'n mens se hande afgekap is? Nee, wanneer
'n emns daardie persoon se kreatiwiteit in Liefde begelei, maak
dit die wereldse verskil. Waarom? Omdat onvoorwaardelike
liefde 'n wonderwerk is.
Alles van die beste
At de Lange
|
|
|
Re: sore [boodskap #10887 is 'n antwoord op boodskap #10848] |
Fri, 26 September 1997 00:00 |
vira
Boodskappe: 182 Geregistreer: April 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On 9/26/97 12:30PM, in message , "Leendert van
Oostrum" wrote:
> Haai Vira!
>
>
> Ek is bly jy het die ding oorleef - en duidelik was dit 'n geweldige boost
> vir jou selfbeeld. Ek kom agter dis een ding van ouerskap - dit dwing mens
> om aanmekaar nuwe trieks te leer :-)
Ja. En jy's reg, dit was vir my 'n groot boost. Ek het maar tot nou toe met
kinders, en meestal meisiekinders te doen gehad. Nog nooit moes ek 'n hele
klomp groot seuns in toom hou nie, veral nie met drank ook ingegooi nie.
Ek het nie geweet of ek dit effektief kon doen nie. Op 'n manier, seker, maar
wat die regte manier was het ek nie geweet nie.
>
>
> Ek dink jy het 'n groot oorwinning gehad om die saak te hanteer binne die
> paradigma van "die samelewing" soos hy vandag is.
Ek dink om 'n goeie ouer te wees is altyd moeilik. Ek sal sonder huiwering
toegee dat dit soms baie moeilik is om 'n enkelouer te wees. Jy dra die volle
las van verantwoordelikheid, 'n las wat soms maar swaar op een mens se skouers
weeg, en jy gaan alleen deur die pyn, en bangheid en emosies. Maar wanneer
dinge goed afloop, is dit ook jy wat die krediet daarvoor kry. Op 'n aand soos
Dinsdag, het ek gevoel soos die vrou in "The Sound of Music" - "I must have
done something good".
Toegegee, ek *weet* omtrent nooit wat die regte besluit sal wees in
kindersgrootmaak nie. Ek gaan maar op instink en liefde, baie voorgedagte en
nagedagte. Vat kanse, wat miskien die verkeerdes sal wees, miskien reg. Hoop
en bid maar vir die beste. Waar om vas te hou, waar om te los. Balans hou.
Dikwels wens ek daar was iemand met wie ek besluite - en verantwoordelikheid-
kan deel. Maar op sulke tye is ek nie baie realisties nie. Dit sou nie vir my
werk nie.
>
> Wat ek wonder, is of dit nodig is om hierdie paradigma te aanvaar. Een van
> die meer bekende jong rockmusikante (erg "alternative" is 'n lid van ons
> nabyfamilie, so ek kry nogal kans om die ding "van binne die paradigma" te
> beskou.
Ek sou dit baie waardeer as jy bietjie oor die "pradigma" van "alternative"
musiek sou skryf. Ek kan dit ongelukkig glad nie verstaan nie, en sou graag
meer daarvan hoor. Dit sal gaaf wees as 'n paar mense daaroor kon skryf, dat
mens bietjie verskillende menings kan hoor. Die jonger dogter is "into"
Techno, so ek dink dis miskien vandag se tienie-bop musiek, maar weereens -
ek't geen benul nie.
> Ek was so twee jaar gelede saam met drie tuisskooltieners op 'n
> radioprogram
>
Die tuisskolering klink vir my fantasties. Ek sou dit baie sterk oorweeg as my
omstandighede anders was. Dis ongelukkig "beyond" my beperkinge.
Sien jou weer,
Ciao.
|
|
|
Re: sore [boodskap #10888 is 'n antwoord op boodskap #10875] |
Fri, 26 September 1997 00:00 |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Haai Vira!
V wrote in article ...
> On 9/25/97 7:14AM, in message , "AM
> de Lange" wrote:
>
>>
>>
>> En toe - hoe Het dit afgeloop?
>>
> Liewe At
>
> Baie dankie vir jou goeie raad. Ek het dit toe gevolg, en vir 'n lang ruk die
> "pose" gehou. Dit het my darem so bietjie innerlike sterkte gegee. En dit het
> so goed afgeloop, die kinders het sulke mooi maniere gehad, dat ek my eintlik
> geskaam het vir my bedenkinge. Ek kom toe agter dat as mens net verby die
> houding kan kyk, die ongelooflike haarstyle, en die bravade , het hulle harte
> van goud. Ek is nou baie bly ek het dit alles gedoen en toegelaat.
> En die kinders dink nou my dogter se ma is baie kewl. Nee, net
> slinks. I want to know what I'm up against.
Ek is bly jy het die ding oorleef - en duidelik was dit 'n geweldige boost
vir jou selfbeeld. Ek kom agter dis een ding van ouerskap - dit dwing mens
om aanmekaar nuwe trieks te leer :-)
'n Paar los gedagtes na aanleiding van jou verhaal:
> Wat my wel geskok het, was die ouers van party.
> Ek het heel tyd gewag vir die ouers wat
> wil weet waar hulle kinders is. Niks nie. Tot nou toe. Gee hulle dan nie om
> wat hulle kinders maak nie?
Daar is party wat regtig nie omgee nie - die meeste gee verskriklik om, maar
is te bang om dit te wys, of hulle weet nie hoe om dit te wys nie. Baie van
hulle sou, as hulle in jou posisie was, nie gebly het en die ding gereël
het nie - hulle sou 'n kar en 'n kêrel vat en die nag by Sun City gaan
deurbring - en hoop hulle het genoeg oor om die borg te betaal as hulle
terugkom. In die proses vertel hulle vir almal hoe bekommerd hulle is - en
hulle is werklik bekommerd.
Party mense sê dis vandag moeiliker om kinders groot te maak as vroeër. Ek
weet nie of dit so is nie. Jy kan maar Spreuke en Prediker lees om te sien
hoeveel raad en vermaning daar vierduisend jaar gelde al oor hierdie saak
was.
Ek dink jy het 'n groot oorwinning gehad om die saak te hanteer binne die
paradigma van "die samelewing" soos hy vandag is. Ek dink Dinsdagaand
daaroor, toe ek van die laerskoolkinders in my buurt teëkom, op pad na 'n
"sokkie" wat by die laerskool vir hulle aangebied word (hulle doen dit so
viermaal per jaar - kinders van ses tot dertien). Die "sokkie" is 'n
volwaardige disko, stikdonker, met "strobes" en met rock op die draaitafel.
Ek dag toe aan my kindertyd. Ons het ook na danse gegaan (Twist, bop, en
langarm - die ouens het daar ook gedrink en uitgepaas). Maar dit was
gemeenskapsdanse. Daar was altyd kinders - selfs kleuters - op die
dansvloer. Maar die kinders was daar saam met die ouers. Jy kon dikwels sien
hoe pa's en ma's hul dogters en seuns onderskeidelik op die dansvloer neem,
en baie van die oumas en oupas was ook daar.
Nie dat die generasiegaping nuut is nie, ek dink daar was nog altyd een,
maar ek dink dit het in die afgelope twee eeue veel erger geword - Marx het
honderd jaar gelde al die gevolge daarvan ontleed. Maar ek dink wel dat een
van die jammer dinge evan ons tyd is die hermetiese seël wat daar tussen
generasies gekom het. Hierdie ding maak ons almal veel armer - en ek dink
dit maak dit vir kinders veel moeiliker. Een van die gevolge is dat elke
geslag tot groter mate op sy eie moet leer hoe om probleme te hanteer. Hulle
kan nie so veel van hul ouers en grootouers se lewens leer nie - iets wat
Marx al oor geskryf het, en wat sedert die sestigerjare geweldig toegeneem
het.
Wat ek wonder, is of dit nodig is om hierdie paradigma te aanvaar. Een van
die meer bekende jong rockmusikante (erg "alternative" is 'n lid van ons
nabyfamilie, so ek kry nogal kans om die ding "van binne die paradigma" te
beskou. Maar ek het ook geleentheid gehad om te sien hoe ander dit heeltemal
anders hanteer.
Ek was so twee jaar gelede saam met drie tuisskooltieners op 'n radioprogram
(Radio Pretoria nogal!). Twee kom van 'n erg beskutte plaasomgewing in die
Vrystaat maar het vrye toegang tot al die radiostasies. Hulle ken mekaar.
Die derde kom uit Johannesburg, ken nie die ander twee nie en word
hoegenaamd nie "beskut" nie. Die aanbieder van die jeugprogram was so 'n
regte "poppietjie" en elke ding wat sy doen verkondig "ek is KEWL!"
Voor die program begin, vra sy die kinders watter musiek hulle wou hê dat
sy in die programonderbrekings moes speel.
Nee, hulle weet nie.
Maar het hulle nie gunstelingsangers nie?
Nee, nie juis nie. (Nou begin die poppetjie panic - jy kon sien sy sien
swarigheid vir die onderhoud).
Luister hulle dan nie musiek nie?
Nee. Nie baie nie. (Poppetjie se oë staan stokstyf van konsternasie).
Nee, sê die een dogter, maar hulle maak nogal bietjie musiek.
Dit blyk toe dat, tussen die drie van hulle, daar agt instrumente bespeel
word - verskeie op gevorderde vlak.
Op die ou end het een toe gevra vir "iets klasiekerigs - aan die ligte
kant". Al waaraan poppetjie kon dink was die Blou Donou. (Die program het
heel goed verloop).
Ek begin toe dink aan die kwessie van portuurdruk. As daardie kinders in
skole was, sou dit gebiedend wees, om sosiaal te oorleef, om ten minste te
weet wat op die top ten is, en te kan "saamgesels" (dit was in my tyd al
so). Maar hierdie kinders was, in dieselfde mate as volwassenes, vry om met
hul portuur om te gaan op hul eie voorwaardes. Hulle kon kies om die "top
ten" as 'n lewensvaardigheid te bemeester, of om iets anders te doen.
Poppetjie se konsternasie het my ook iets anders laat dink. Haar jeugprogram
se aard - en sy sukses - word absoluut bepaal deur die heersende norm van
wat is kewl. Maar in die proses bepaal daardie program, en die
musiekindustrie, en die advertensiewese, op hul beurt die inhoud en die
grense van wat "kewl" is vir 'n bepaalde ouderdomsgroep.
Een van die gevolgtrekkings uit die navorsing wat die sosialisering van
kinders in tuisonderwys vergelyk met die van kinders in
ge-institusionalsieerde onderwys (skoolonderwys :-) is dat die twee groepe
nagenoeg dieselfde totale aantal interaksies het, met nagenoeg dieselfde
aantal verskillende persone. Die groot verskil is dat die
ge-institusionaliseerde kinders se sosiale kring letterlik beperk word
(twee-derdes van hul sosiale interaksies) tot mense wat in ouderdom nie meer
as twee jaar van hulle verskil nie (die algemene definise van die
"portuur"-groep). Die kinders in tuisonderwys het steeds nagenoeg 'n kwart
van hul sosiale interaksies uit die portuurgroep - hulle het egter veel meer
betekenisvolle interaksies met mense wat beide ouer en jonger is - veral met
ouer mense.
Ek was ook ge-interesserd om te sien hoeveel geweldige groot programme daar
in Europa en die VSA is wat juis daarop gemik is om tieners in
ge-institusionaliseerde onderwys meer kontak met die volwasse wêreld te
gee - in die VSA is die "school-to-work" - program die bekendste.
Nou ja. Net my los gedagtes na aanleiding van jou verhaal. Op die ou einde
wonder ek of ons regtig so vasgeketting hoef te wees aan die
ouderdomstratifikasie van ons samelewing as wat ons dink ons is.
Groete, Leendert
|
|
|
Re: sore [boodskap #10894 is 'n antwoord op boodskap #10848] |
Sat, 27 September 1997 00:00 |
vira
Boodskappe: 182 Geregistreer: April 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On 9/26/97 3:15PM, in message , "AM
de Lange" wrote:
> skryf,
>
>
> > Sien, ek het baie kos op baie klein bordjies gesit. Dit het beteken ek
> moes
> > heel nag in en uit gaan by die party kamer, met fyn gespitste oë. Dis
> nou nie
> > dat ek wou rondhang en vir hulle staar nie, daardie kos en borde moets
> net op
> > 'n aanhoudende trant in en uit geloop word.
>
> Slim verby!
>
Haai At,
Ja wat ;). Age and treachery will overcome youth and skill every time!
V.
|
|
|
re:sore [boodskap #10905 is 'n antwoord op boodskap #10848] |
Mon, 29 September 1997 00:00 |
vira
Boodskappe: 182 Geregistreer: April 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On 9/22/97 10:14PM, in message
, "Stephanus
Schoeman" wrote:
> Vira
>
> My dogter het so pas
> 7 geword en ek kon 'n 'opwindende' party gee by McDonalds vir 5
> maats teen $5.50 elk. Jy moet dalk iets binne daardie kerrie pot
> gooi om hulle stil, moeg en vaak te maak. Laat weet ons hoe dit
> gegaan het.
>
> Groete
> Riana
Hi Riana,
Jou pos het vandag eers opgedaag (29-9). Geniet die kinderpartytjies ~ dit
voel soos verlede jaar toe dit net roomyskoeke en speletjies in die son was.
Groete,
Vira.
|
|
|
|
|
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [ ]
Tyd nou: Sun Dec 22 19:54:05 UTC 2024
|