Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » vinger
vinger [boodskap #126713] Sa, 22 Junie 2019 05:59
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19030
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Hand met vyf vingers. Die een met die pyltjie is die ringvinger.
'n Hand met vyf vingers. Die een met die pyltjie is die ringvinger.
vinger
Afbreking: vin•ger
Uitspraak: /ˈfəŋər/




Selfstandige naamwoord: vinger
Meervoud: vingers
Verkleinwoord: vingertjie
Meervoud van verkleining: vingertjies

Betekenis:
• (anatomie) Elkeen van die vyf voorlitte van die hand.
• Uitsteeksel, uitgroeisel, onderdeel wat deur sy vorm, funksie of plek aan 'n vinger laat dink, na 'n vinger lyk.

Gebruik:
• Eina! Ek het my vinger raakgesny.
• 'n Mense het vyf vingers: Duimpie (duim), Duimpie se maat (wysvinger), Langeraat (middelvinger), Fiela Vlooi (ringvinger) en Piepie-in-die-kooi (pinkie).

Spreekwoord:
• Sy draai hom om haar vinger. [Met iemand maak wat jy wil.]
• Lekker is maar 'n vinger lank. [Die plesier is van korte duur.]
• Die vinger op die wond lê. [Die gebrek, fout presies aandui.]
• Tussen neus en vinger verdwyn. [Skelm of ongemerk verdwyn.]
• Tussen vinger en duim wegraak. [Onopgemerk wegsluip.]
• Hy verroer nie 'n vinger vir 'n ander. [Niks doen om 'n ander te help nie.]
• Gee 'n man 'n vinger, dan vat hy die hele hand. ['n Mens is gewoonlik nie tevrede met wat hy mag doen nie, maar eien hom meer toe.]

Hiponiem:
• indeksvinger
• middelvinger
• ringvinger
• wysvinger
• visvinger

Afgelei:
• vingernael

Vertaling:
Engels: finger
Nederlands: vinger
Venda: munwe
Xhosa: umnwe
Zoeloe: umunwe

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: Woensdag
Volgende onderwerp: fluïed
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 20 13:29:48 MGT 2024