Betekenis:
• (anatomie) Elkeen van die vyf voorlitte van die hand.
• Uitsteeksel, uitgroeisel, onderdeel wat deur sy vorm, funksie of plek aan 'n vinger laat dink, na 'n vinger lyk.
Gebruik:
• Eina! Ek het my vinger raakgesny.
• 'n Mens het vyf vingers: die duim (Duimpie), wysvinger (Duimpie se maat), middelvinger (Langeraat), ringvinger (Fiela Vlooi) en pinkie (Piepie-in-die-kooi).
Spreekwoord:
• Sy draai hom om haar vinger. [Met iemand maak wat jy wil.]
• Lekker is maar 'n vinger lank. [Die plesier is van korte duur.]
• Die vinger op die wond lê. [Die gebrek, fout presies aandui.]
• Tussen neus en vinger verdwyn. [Skelm of ongemerk verdwyn.]
• Tussen vinger en duim wegraak. [Onopgemerk wegsluip.]
• Hy verroer nie 'n vinger vir 'n ander. [Niks doen om 'n ander te help nie.]
• Gee 'n man 'n vinger, dan vat hy die hele hand. ['n Mens is gewoonlik nie tevrede met wat hy mag doen nie, maar eien hom meer toe.]