Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » beer
beer [boodskap #126696] Wo, 19 Junie 2019 20:28
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19038
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Beer.
'n Beer.
beer
Afbreking: beer
Uitspraak: /biə̯r/




Selfstandige naamwoord: beer
Meervoud: bere
Verkleinwoord: beertjie
Meervoud van verkleining: beertjies

Betekenis:
• (roofdier) Viervoetige roofdier van Amerika, Europa en Asië, met 'n dik pels (Ursus).
• (veeteelt) Manlike vark; 'n varkbeer.

Gebruik:
• 'n Beer is 'n groot dier met kort, stewige ledemate en 'n klein stertjie.
• Die varkboer het een beer en die sôe.

Spreekwoord:
• Moenie die beer se vel verkoop voor jy hom geskiet het nie. [Wag tot jy iets werklik in jou sak het.]

Antoniem:
• berin (vroulik)

Hiponiem:
• bruinbeer
• swartbeer
• ysbeer

Afgelei:
• beermannetjie
• beerwyfie

Vertaling:
Engels: bear; boar
Nederlands: beer; everzwijn
Xhosa: ibhere; inkunzi yehagu
Zoeloe: ibheja, ibhele; inkunzi yengulube

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: vakleerlingskap
Volgende onderwerp: neologisme
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 20 17:28:46 MGT 2024