Leksikograaf Boodskappe: 21086 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
huidiglik
Afbreking: hui•dig•lik
Bywoord: huidiglik
Betekenis:
• (spreektaal) Op die huidige tydstip.
Gebruik:
• Daar bestaan nie 'n woord of verbuiging soos huidiglik in enige gesaghebbende Afrikaanse woordeboek nie.
• Die korter en gebruiksvriendelike “tans”, in plaas van "huidiglik", sal jou 'n groot vernedering spaar!
Sinoniem:
• tans (voorkeurvorm)
• nou
• teenswoordig
• deesdae
Vertaling:
Engels: now
Nederlands: tegenwoordig, thans, heden, vandaag de dag, heden ten dage, dezer dagen
Nota:
• Die gebruik van "huidiglik" i.p.v. "tans" of "nou" word ten sterkste deur die Taalkommissie afgekeur.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.