Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » And so say all of us.........
And so say all of us......... [boodskap #30362 is 'n antwoord op boodskap #30363] Sa, 06 Mei 2000 00:00 na volgende boodskap
crunch  (()) :c 8 |]]  is tans af-lyn  crunch (()) :c 8 |]]
Boodskappe: 102
Geregistreer: Mei 1998
Karma: 0
Senior Lid
Uit Beeld van 6 Mei:

Boetman is die bliksem in

In 'n brief aan Beeld het 'n psigiater onlangs na aanleiding van dr.
Willem de Klerk se boek Afrikaners: kroes, kras, kordaat kommer
uitgespreek oor die geestelike uitputting en tamheid waaraan die
geslag Afrikaners tussen die ouderdom van dertig en veertig jaar ly.
Dit het Chris Louw (46), uitvoerende regisseur van die
radio-aktualiteitsprogramme Monitor en Spektrum, genoop om 'n ope
brief aan De Klerk te skryf. In die lig van die huidige debat oor De
Klerk se boek en oor die plek van die Afrikaner in die nuwe
Suid-Afrika word 'n geredigeerde weergawe van Louw se brief hier
geplaas. Die volledige brief sal volgens Louw einde vandeesmaand in
gedrukte vorm beskikbaar wees.

Geagte dr. De Klerk

Aanvanklik het ek gewonder waarom ek u boekie Afrikaners: kroes, kras,
kordaat met soveel weerstand gelees het. Nie heeltemal weersin nie,
let wel: net weerstand.

My geslag is mos grootgemaak om ons emosies te beteuel, om ons nie oor
te gee aan enige werklike vorm van koestering nie - nie liefde nie, en
ook nie haat nie.

Ons is geleer om gesien en nie gehoor te word nie, om opdragte uit te
voer sonder teëspraak, om respek vir die oueres te toon. Om, op die
keper, bereid te wees om ons lewe op te offer vir ons land en vir die
Groter Saak. Ek praat nou van wit Afrikanermans van so tussen dertig
en vyftig - dié ouens wat met verpligte diensplig gebrandmerk is.

Laat ek dit maar so diplomaties moontlik sê: u boekie ruik na
oneerlikheid. Die oneerlikheid van selfregverdiging.

U boek is nie in die eerste plek geskryf vir u kinders, "hulle wat 'n
nuwe loot uit die Afrikanerwortels sal moet uitstoot", nie. U boek is
geskryf vir 'n bejaarde man, so iets in die sewentig, met plooie op
die gesig en grys hare aan die slape, 'n konserwatiewerige bril op die
neus om die indruk te bevestig van iemand met status, iemand met
insig, wie se oordeel vertrou kan word, wie se woorde gewig dra.

Ek onthou u van die dae toe u nog redakteur van Die Transvaler was. U
sal my waarskynlik nie onthou nie. Ek was die outjie vir wie u in die
gang gegroet het met: "Dag, Boetman." Tóé was ek "Boetman"; twintig
jaar later is ek 'n middeljarige blanke Afrikanerman.

My geslag is in die wieg gelê om te speel met woorde; woorde het selde
die betekenis gedra waarmee hulle deur verklarende woordeboeke belas
was. Dink maar aan begrippe soos "demokrasie", "nasionalisme",
"selfregering", "onafhanklike state", selfs die eienaam waarvoor van
my vriende grens toe gestuur is en sommige selfs witbene gemaak het:
"Suid-Afrika". Die "Suid-Afrika" van u geskrifte, die "Suid- Afrika"
waaraan u lojaliteit bely het, was tog iets heel anders, iets veel
blankers, as die Suid-Afrika wat ons - dis nou wit en swart - vandag
saam in ons pynlike nuwe volkslied besing.

Dit het ons natuurlik van u geslag geleer, dié slag met woorde. U
geslag het die begrippe uitgedink; ons, my geslag, het dit uitgeleef.
Want ons is afgerig om nie openlik in opstand te kom nie: "Ja, Pa,
nee, Pa, reg, Pa, goed so, Pa."

U geslag was die eerste, en moontlik die laaste, in die
Afrikanergeskiedenis wat nooit self 'n oorlog gevoer het nie: te laat
gebore vir die Tweede Vryheidstryd; te jonk vir die Eerste
Wêreldoorlog; te Duits- neutraal vir die Tweede Wêreldoorlog; te hard
aan die dink en wonder en staatsbestelle en ander konstellasies beplan
en regverdiging soek vir die Grensoorlog.
Julle was die eerste geslag Afrikaners wat jul kinders afgevaardig
het om vir julle te gaan sterf.
Dié wat nie jul gek drome wou verdedig met die wapens wat julle aan
ons uitgereik het nie, is tronkstraf opgelê; of, erger: mal verklaar.
Tóé het hulle al gesê die stelsel is te gek vir woorde - dié wat
destyds al begryp het, is "skisofrenies en ongeskik vir militêre
diens" verklaar.

En u? Waar was u? U het u in u skemer kantoor teruggetrek en
verkwiklike nuwe woorde en klinkende frases gemunt. Soos u befaamde
nuutskeppinge "verligtes" en "verkramptes".

Eintlik is daar 'n derde kategorie Afrikaner. Die verknogtes.
"Verknog" soos in "verknog aan mag", of eerder, "verknog aan knoei".
Die woordeboek se definisie van "knoei" is: "slordige, onbedrewe werk
verrig; bedrieglik en agterbaks te werk gaan; oneerlike metodes
gebruik".

Verlig, verkramp, verknog.

My pa het altyd gesê: Verwoerd, verward, verwaand.

Weet u dat toe u my ge-"Dag Boetman" het in Perskor se gange, weet u
dat ek toe al 'n getroude man was, 'n pa van twee kinders, so digby
die dertig, met 'n huispaaiement om te betaal? Weet u dat my
tydgenote - die bly-stil-Pa-het-klaar-gepraat-geslag - toe met gewere
in Angola was om die k . . . uit ters te skiet? Weet u hoe het die
ters die k . . . uit óns geskiet?

Maar u was te hard aan die dink aan nuwe begrippe om nuwe betekenis en
nuwe morele en intellektuele inhoud aan "afsonderlike ontwikkeling" te
gee. U het u besig gehou met staatsfilosofiese kwessies soos die
stelselmatige uitbreiding van die demokrasie wat beslag moes vind in
'n voortreflike driekamerparlement.

Weet u dat toe ek nuusredakteur van Die Vaderland was, weet u dat ek
toe vir 'n militêre kamp na Richardsbaai opgeroep is?

Weet u hoe het hierdie vername en vooraanstaande lid van u samelewing
sy land gedien? Ek het soggens k . . .-potte in die army skoongemaak,
dit was my daaglikse opdrag.

Ek kla nie, ek is maar net nog een in geslag op geslag Afrikaners wat
moes oorlog maak vir my volk se voortbestaan.

K . . .-potte skoongemaak in die kamp by Richardsbaai. En toe die
kaptein hoor hy het hier te doen met 'n vooraanstaande lid van u
gemeenskap, toe het hy skaam gekry en hom oor my ontferm. Toe word ek
aangestel om die kantoor van die kaptein se sekretaresse skoon te
maak. Ek was immers 'n senior joernalis by 'n vooraanstaande
NP-gesinde koerant. Ek het selfs besluit wat Afrikaners mag lees, wat
is nuuswaardig en wat is louter s . . .

Ek was 'n betroubare katalisator. Ek was immers 'n produk van
Christelik-Nasionale onderwys; 'n suksesvolle skepping van organe soos
u Broederbond. U, die produk van 'n geslag wat elke oorlog soos die
bitter beker by hulle laat verbygaan het. Die geslag wat die las op
hom geneem het om sy kinders na die hand te vorm en te giet:
bliksoldaatjies wat moes grens toe om te veg, dood te maak en
doodgemaak te word, vir julle ideale.

O, ons het medaljes ontvang, ja! Aangesteek - Honoris Crux, post
mortem, in sommige gevalle - met die sterk en vertroude hande van P.W.
Botha.

Ons het geleer om ironies te lewe, my geslag. Ons kon nie anders nie;
ons moes, ter wille van oorlewing.

"Hou jou bek, luister as daar met jou gepraat word, druk jou kop in
die f . . . skrum, dis nie 'n mishoop nie, buk, hoekom is jou hare so
lank, laat ons die hoofde buig en God bedank vir al ons seëninge, die
kaf . . . s raak gans te wit, kinders moet gesien en nie gehoor word
nie, jy's 'n f . . . troep, verstaan jy, jy sal net opdragte uitvoer,
ons sal die politieke probleme oplos . . ."

Jý het nooit daardie vernedering gesmaak nie. Nie jy of jou hele
geslag nie. Julle het bloot die omstandighede daarvoor geskep. Jy stel
dit selfs beter as ek: "Ons (!) kudde-instink en tendens tot
gesagsonderwerping maak ons agternalopers van leiers op talle
terreine."

Hoe mooi speel jy met die persoonlike voornaamwoorde "ons" en "hulle"
wanneer jy na Afrikaners verwys; alles om afstand te plaas tussen
onderwerp en werkwoord. "Ek" vind alte lekker skuiling agter die
abstrakte "ons" en "hulle" en "Afrikaners", so asof die gekamoefleerde
"ek" nooit regtig teenwoordig was nie; geen rede het om self jammer,
tot-die- dood-toe-jammer, te sê nie.

En toe kom julle groot geleentheid . . . jul uur van waarheid breek
aan. Om die ANC - die vyand - van aangesig tot aangesig oor die
slagveld van die konferensietafel te ontmoet. Jare lank het die
jongeres die fort gehou. Nou was die kinderspeletjies verby. Nou sou
julle die wapen opneem. Julle was slaggereed. Jul woorde was mos
geslyp deur jare se oefening.

Maar al jul grootse planne is in 'n paar maande by die
veelparty-onderhandelings in Kempton Park ontmasker. Waar was jul
sewepunt-planne, jul vyfpunt-strategieë, jul waarborge vir minderhede,
toe julle voor verteenwoordigers van die hele land gaan stelling
inneem het? Waar was die bravade, die dreigemente, die opruien de
toesprake, die beloftes? Ek was daar. Dit was 'n patetiese gesig om te
aanskou hoe jul argumente - jul waan - onder julle uitgeruk word.

Nou sit ons met nuwe vraagstukke. Apartheid is dood, die routyd is
verby. Daar word hervorm en getransformeer.

'n Nuwe staat word met vingerklappe bestel. "Kom, kom, Boertjie. Roer
jou gat, Outa het sy eie staat bestel. Staan op aandag. Moenie
teëpraat nie, jul dae is verby. Dis jul plig om te help om die nuwe
bestel te vestig. Julle moet jul kundigheid aan die opkomende swart
elite oordra, sê jul bestaan regverdig."

Wie is die "julle" na wie verwys word? Die verknogtes? Nee, hul nesse
is geveer. Die verknogtes het 'n historiese ommekeer gemaak, without
missing one goose- step, soos Breyten Breytenbach dit stel.

Die elite van die Ou Bedeling het oor hul eendepote geval om vrede te
maak en alliansies te vorm met die elite van die Nuwe Bedeling. Hulle
kuier oor en weer en bespreek hoë, versoenende begrippe soos
staatsbevestigende strategieë, 'n nuwe patriotisme, toewyding aan die
nuwe orde.

Die SABC se nuusbaas, Phil Molefe, voer by die Menseregtekommissie aan
dat transformasie op die boonste vlakke van die bestuursechelons
suksesvol deurgevoer is. Die probleem lê op middelbestuursvlak, waar
wit mans nog vasskop teen transformasie.

Ek is 'n wit man. Wat is jou definisie van transformasie, mnr. Molefe?
Word van my verwag om my uit my pos te transformeer? Moet ek
vrywillig, uit beleefdheid - want so is ek grootgemaak - jou
Africanist dream vir jou uitleef? Wat verwag jy van my? O, ek mag nie
'n standpunt inneem nie. Dankie, mnr. Molefe, dis vir my baie maklik,
mnr. Molefe, want ek is so grootgemaak, dr. De Klerk.

Wie is die "julle" soos in die "Hei, julle f . . . voetsoldate, roer
julle gatte", dié"julle" wat nou die offers moet bring vir die nuwe
Suid-Afrika? Is dit nie weer dieselfde armsalige drommels wat die
Afrikaner-elite se gedoemde oorlog aan die grens en in die townships
vir hulle gaan veg het wat nou weer die spit afbyt nie?

'n Psigiater skryf in 'n brief aan Beeld 'n groot gros van my
generasie ly aan geestelike uitputting en tamheid. "In baie ge valle
neem dit die proporsie van psigia triese siektes soos depressie,
posttraumatiese stres-versteurings en ander angsversteurings aan . . .
'n algemene rou-reaksie, 'n verliessindroom en 'n eksistensiële
krisis."

Dié sindroom het te make met 'n verlies aan respek vir die verbygegane
patriargie . . . "Dit het te doen met een ding predik en 'n ander ding
doen, met waar en vals, met opreg en skynheilig, en met kommunikasie
veel eerder as met taal."

"Ondanks alles wat bespreek is, is ons 'n volk met regte, roem,
prestasie en 'n dapper geskiedenis." Sê skryf u, dr. De Klerk, op bl.
99.

Dit was Nat Nakasa, of dalk Can Themba, ek kan nie onthou nie, wat op
'n keer vertel het hoe hard hy ook al sy oë toemaak en hom 'n
Suid-Afrika sonder wit mense voorstel, hoe onmoontlik blyk hy dit te
vind.

Weet u, as ek my oë toemaak en ek verwens u geslag uit die
Afrikanergeskiedenis uit, dan bly daar vir my nie soseer 'n volk van
helde oor nie, maar bloot aardse, ordentlike mense met wie ek my kan
identifiseer: mense gebrei deur die stryd van die onderdrukte, van die
ou pedofiel Jan Pieterzoon van Kaspel ter Mare wat in 1659 hier aan
die Kaap geland en teen leeus en Nederlandse amptenare die stryd
gevoer het totdat hy 'n spogplaas, by name Louwsvliet, by die huidige
Nuweland tot stand kon bring; tot by Louis Tri chardt wat soos 'n man
sy eie dood in Lourenço Marques tegemoetgegaan het, 'n korrelkop
sonder hoogmoed, in sy Dagboek nie 'n enkele selfregverdigende
verwysing na die Bybel, of selfs na die vreemdheid van God, nie; die
bittereinder genl. Christiaan de Wet; selfs Louis Botha en Jan Smuts
wat bereid was om te baklei en te sterf vir waarin hulle geglo het.

Weet u hoe maklik ek dit vind om my oë toe te maak en u hele geslag -
die patriargale, beterweterige, rasbehepte lummels - uit my
geskiedenis weg te dink?

Wat is die grootste prestasie van u geslag, die geslag wat nooit bloed
geruik en koeëls hoor fluit en oorlogsangs ervaar het nie; net Groot
Gedagtes gedink en lewensfilosofieë gebaar het? Ek bely my
subjektiwiteit, maar het u nie al u energie daaraan gewy om die
buitewêreld en u kinders om die bos te lei nie?

Was u grootste prestasie nie die mate waarin u daarin geslaag het om
soos woordkunstenaars dogmatiese perdedrolle vir morele vye aan ons te
verkoop nie?

U sê harde en bitter dinge in u traktaat, soos u self beskeie laat
val. Maar waarom in die abstrakte? Waarom "ons" en "die Afrikaner";
waarom nie "ek", integraal deel van die meesterras-leerstellinge nie?

U skryf: "Dit is onteenseglik waar dat die Afrikanerjeug in groot
getalle Afrikanerwees met agterdog bejeën." Waarom? Waarom nie 'n
enkele sin wat bely nie: "Ek, ek was persoonlik, energiek en doelgerig
aandadig aan die mensonterende aberrasie van apartheid"?

Die ironie is dat ek op intellektuele vlak met soveel saamstem wat u
skryf; maar dit wil nie die woede verdryf nie. Ek is die bliksem in,
die bliksem in vir die arrogansie, die selfregverdiging, die
rasionalisasie, die ontkennings, en vir die leuens.

As ons al jou raad volg, kan ons oorleef, ja. Maar as ons jou raad nou
volg, staan ons presies waar ons sou gewees het as jou geslag ons nie
met apartheid bedrieg het nie; en dan was ons boonop sonder die
skuldlas.

Soos altyd, sit ons weer aan die voete van die wysgere. Maar ons word
teen die ore geklap. Want die nuwe geslag alwetendes is 'n geslag wat
ons verwerp het, saam met die patriargie wat ons vir hulle
versinnebeeld. In 'n enkele leeftyd is ons getransformeer van "bly
stil, staan op aandag, doen wat die oom vir jou sê" tot "middeljarige
wit Afrikanermans wat ly aan 'n magsverliessindroom". Die gevolg is
een en dieselfde: hou jou bek, jy't niks te sê nie.

Verskoon my, korporaal, maar f . . . jou. Verskoon my, dr. De Klerk.
Verskoon my, mnr. Molefe. Verskoon my. Verskoon my, my landgenote, ek
het teen julle gesondig. Verskoon my, Sonja Loots, jou geslag is die
eintlike kinders van apartheid; julle is nog bloedjonk en onskuldig,
die ware slagoffers - ek is 'n ou sondaar, besmet met geweerolie, die
sweet van die paradegrond, en die bloed van swart kindertjies.

Verskoon my, ek het geen morele reg om my mond oop te maak nie. Ek het
nog nooit daardie reg gehad nie; hoe durf ek my dit nou aanmatig?

Wat bly vir my oor? Ek is te oud om heeltemal onskuldig te wees. Ek is
te jonk om ten volle aandadig te wees. Ek is te onskuldig om
verskonings te versin. Ek is te skuldig om my hande te was.

Ek is gatvol. Heeltemal, tot die keel toe, gatvol daarvoor om opdragte
te vat. Eers van die apartheidspatriarge, nou van dieselfde bekeerde
pilatus-patriarge en van die nuwe swart elite.

Reeds word die veroordelende sjibbolets entoesiasties oorgeneem deur
jong wit feministe met 'n skerp oog vir 'n magsgaping - die nuwe klas
van onderdruktes, saam met die histories agtergeblewenes: swart mans
en veral swart vroue, gestremdes, HIV-besmettes . . .

"Hou jou bek, jou middeljarige wit Afrikanerman. Staan op aandag.
Luister as ek praat. Jy't f . . . ol te sê."

Ek is jammer. Ek is baie jammer. Maar ek is genoeg verneuk. Nou veg ek
vir wat vir my van belang is. Binne die demokrasie, ja. Maar nie
noodwendig saam met die voorskriftelike en voorsprekende en die
politiek korrekte - die idiotiese - massa nie.

Jammer.

Hoogagtend die uwe,
Chris Louw
Re: And so say all of us......... [boodskap #30363 is 'n antwoord op boodskap #30362] Sa, 06 Mei 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PAT  is tans af-lyn  PAT
Boodskappe: 141
Geregistreer: April 1999
Karma: 0
Senior Lid
Dankie vir die bydrae nomad, dit slaan reg in die hart. Ek en my
siblings pas so reg in Louw se era, en ek assosieer een honderd persent
met wat hy sê. Wat my wel bybly is een woord wat mens darem altyd
kan assosieer met die deursnee middelklas Afrikaner, en daardie
woord is "ordentlik". Ek sukkel my dood hier in Amerika om my kinders
(tieners) dieselfde respek en waardering te leer wat ons gehad het vir
die dominee, die onderwyser en ons ouers. Hulle kom weg met moord, en
ek moet dikwels hoor dat ek te streng is met hulle. 'n Ander land en
'n ander era sou ek sê.

pat

nomad wrote in article
...
> Uit Beeld van 6 Mei:
>
> Boetman is die bliksem in
>
>
> In 'n brief aan Beeld het 'n psigiater onlangs na aanleiding van dr.
> Willem de Klerk se boek Afrikaners: kroes, kras, kordaat kommer
> uitgespreek oor die geestelike uitputting en tamheid waaraan die
> geslag Afrikaners tussen die ouderdom van dertig en veertig jaar ly.
> Dit het Chris Louw (46), uitvoerende regisseur van die
> radio-aktualiteitsprogramme Monitor en Spektrum, genoop om 'n ope
> brief aan De Klerk te skryf. In die lig van die huidige debat oor De
> Klerk se boek en oor die plek van die Afrikaner in die nuwe
> Suid-Afrika word 'n geredigeerde weergawe van Louw se brief hier
> geplaas. Die volledige brief sal volgens Louw einde vandeesmaand in
> gedrukte vorm beskikbaar wees.
>
> Geagte dr. De Klerk
>
> Aanvanklik het ek gewonder waarom ek u boekie Afrikaners: kroes, kras,
> kordaat met soveel weerstand gelees het. Nie heeltemal weersin nie,
> let wel: net weerstand.
>
> My geslag is mos grootgemaak om ons emosies te beteuel, om ons nie oor
> te gee aan enige werklike vorm van koestering nie - nie liefde nie, en
> ook nie haat nie.
>
> Ons is geleer om gesien en nie gehoor te word nie, om opdragte uit te
> voer sonder teëspraak, om respek vir die oueres te toon. Om, op die
> keper, bereid te wees om ons lewe op te offer vir ons land en vir die
> Groter Saak. Ek praat nou van wit Afrikanermans van so tussen dertig
> en vyftig - dié ouens wat met verpligte diensplig gebrandmerk is.
>
> Laat ek dit maar so diplomaties moontlik sê: u boekie ruik na
> oneerlikheid. Die oneerlikheid van selfregverdiging.
>
> U boek is nie in die eerste plek geskryf vir u kinders, "hulle wat 'n
> nuwe loot uit die Afrikanerwortels sal moet uitstoot", nie. U boek is
> geskryf vir 'n bejaarde man, so iets in die sewentig, met plooie op
> die gesig en grys hare aan die slape, 'n konserwatiewerige bril op die
> neus om die indruk te bevestig van iemand met status, iemand met
> insig, wie se oordeel vertrou kan word, wie se woorde gewig dra.
>
> Ek onthou u van die dae toe u nog redakteur van Die Transvaler was. U
> sal my waarskynlik nie onthou nie. Ek was die outjie vir wie u in die
> gang gegroet het met: "Dag, Boetman." Tóé was ek "Boetman"; twintig
> jaar later is ek 'n middeljarige blanke Afrikanerman.
>
> My geslag is in die wieg gelê om te speel met woorde; woorde het selde
> die betekenis gedra waarmee hulle deur verklarende woordeboeke belas
> was. Dink maar aan begrippe soos "demokrasie", "nasionalisme",
> "selfregering", "onafhanklike state", selfs die eienaam waarvoor van
> my vriende grens toe gestuur is en sommige selfs witbene gemaak het:
> "Suid-Afrika". Die "Suid-Afrika" van u geskrifte, die "Suid- Afrika"
> waaraan u lojaliteit bely het, was tog iets heel anders, iets veel
> blankers, as die Suid-Afrika wat ons - dis nou wit en swart - vandag
> saam in ons pynlike nuwe volkslied besing.
>
> Dit het ons natuurlik van u geslag geleer, dié slag met woorde. U
> geslag het die begrippe uitgedink; ons, my geslag, het dit uitgeleef.
> Want ons is afgerig om nie openlik in opstand te kom nie: "Ja, Pa,
> nee, Pa, reg, Pa, goed so, Pa."
>
> U geslag was die eerste, en moontlik die laaste, in die
> Afrikanergeskiedenis wat nooit self 'n oorlog gevoer het nie: te laat
> gebore vir die Tweede Vryheidstryd; te jonk vir die Eerste
> Wêreldoorlog; te Duits- neutraal vir die Tweede Wêreldoorlog; te hard
> aan die dink en wonder en staatsbestelle en ander konstellasies beplan
> en regverdiging soek vir die Grensoorlog.
> Julle was die eerste geslag Afrikaners wat jul kinders afgevaardig
> het om vir julle te gaan sterf.
> Dié wat nie jul gek drome wou verdedig met die wapens wat julle aan
> ons uitgereik het nie, is tronkstraf opgelê; of, erger: mal verklaar.
> Tóé het hulle al gesê die stelsel is te gek vir woorde - dié wat
> destyds al begryp het, is "skisofrenies en ongeskik vir militêre
> diens" verklaar.
>
> En u? Waar was u? U het u in u skemer kantoor teruggetrek en
> verkwiklike nuwe woorde en klinkende frases gemunt. Soos u befaamde
> nuutskeppinge "verligtes" en "verkramptes".
>
> Eintlik is daar 'n derde kategorie Afrikaner. Die verknogtes.
> "Verknog" soos in "verknog aan mag", of eerder, "verknog aan knoei".
> Die woordeboek se definisie van "knoei" is: "slordige, onbedrewe werk
> verrig; bedrieglik en agterbaks te werk gaan; oneerlike metodes
> gebruik".
>
> Verlig, verkramp, verknog.
>
> My pa het altyd gesê: Verwoerd, verward, verwaand.
>
> Weet u dat toe u my ge-"Dag Boetman" het in Perskor se gange, weet u
> dat ek toe al 'n getroude man was, 'n pa van twee kinders, so digby
> die dertig, met 'n huispaaiement om te betaal? Weet u dat my
> tydgenote - die bly-stil-Pa-het-klaar-gepraat-geslag - toe met gewere
> in Angola was om die k . . . uit ters te skiet? Weet u hoe het die
> ters die k . . . uit óns geskiet?
>
> Maar u was te hard aan die dink aan nuwe begrippe om nuwe betekenis en
> nuwe morele en intellektuele inhoud aan "afsonderlike ontwikkeling" te
> gee. U het u besig gehou met staatsfilosofiese kwessies soos die
> stelselmatige uitbreiding van die demokrasie wat beslag moes vind in
> 'n voortreflike driekamerparlement.
>
> Weet u dat toe ek nuusredakteur van Die Vaderland was, weet u dat ek
> toe vir 'n militêre kamp na Richardsbaai opgeroep is?
>
> Weet u hoe het hierdie vername en vooraanstaande lid van u samelewing
> sy land gedien? Ek het soggens k . . .-potte in die army skoongemaak,
> dit was my daaglikse opdrag.
>
> Ek kla nie, ek is maar net nog een in geslag op geslag Afrikaners wat
> moes oorlog maak vir my volk se voortbestaan.
>
> K . . .-potte skoongemaak in die kamp by Richardsbaai. En toe die
> kaptein hoor hy het hier te doen met 'n vooraanstaande lid van u
> gemeenskap, toe het hy skaam gekry en hom oor my ontferm. Toe word ek
> aangestel om die kantoor van die kaptein se sekretaresse skoon te
> maak. Ek was immers 'n senior joernalis by 'n vooraanstaande
> NP-gesinde koerant. Ek het selfs besluit wat Afrikaners mag lees, wat
> is nuuswaardig en wat is louter s . . .
>
> Ek was 'n betroubare katalisator. Ek was immers 'n produk van
> Christelik-Nasionale onderwys; 'n suksesvolle skepping van organe soos
> u Broederbond. U, die produk van 'n geslag wat elke oorlog soos die
> bitter beker by hulle laat verbygaan het. Die geslag wat die las op
> hom geneem het om sy kinders na die hand te vorm en te giet:
> bliksoldaatjies wat moes grens toe om te veg, dood te maak en
> doodgemaak te word, vir julle ideale.
>
> O, ons het medaljes ontvang, ja! Aangesteek - Honoris Crux, post
> mortem, in sommige gevalle - met die sterk en vertroude hande van P.W.
> Botha.
>
> Ons het geleer om ironies te lewe, my geslag. Ons kon nie anders nie;
> ons moes, ter wille van oorlewing.
>
> "Hou jou bek, luister as daar met jou gepraat word, druk jou kop in
> die f . . . skrum, dis nie 'n mishoop nie, buk, hoekom is jou hare so
> lank, laat ons die hoofde buig en God bedank vir al ons seëninge, die
> kaf . . . s raak gans te wit, kinders moet gesien en nie gehoor word
> nie, jy's 'n f . . . troep, verstaan jy, jy sal net opdragte uitvoer,
> ons sal die politieke probleme oplos . . ."
>
> Jý het nooit daardie vernedering gesmaak nie. Nie jy of jou hele
> geslag nie. Julle het bloot die omstandighede daarvoor geskep. Jy stel
> dit selfs beter as ek: "Ons (!) kudde-instink en tendens tot
> gesagsonderwerping maak ons agternalopers van leiers op talle
> terreine."
>
> Hoe mooi speel jy met die persoonlike voornaamwoorde "ons" en "hulle"
> wanneer jy na Afrikaners verwys; alles om afstand te plaas tussen
> onderwerp en werkwoord. "Ek" vind alte lekker skuiling agter die
> abstrakte "ons" en "hulle" en "Afrikaners", so asof die gekamoefleerde
> "ek" nooit regtig teenwoordig was nie; geen rede het om self jammer,
> tot-die- dood-toe-jammer, te sê nie.
>
> En toe kom julle groot geleentheid . . . jul uur van waarheid breek
> aan. Om die ANC - die vyand - van aangesig tot aangesig oor die
> slagveld van die konferensietafel te ontmoet. Jare lank het die
> jongeres die fort gehou. Nou was die kinderspeletjies verby. Nou sou
> julle die wapen opneem. Julle was slaggereed. Jul woorde was mos
> geslyp deur jare se oefening.
>
> Maar al jul grootse planne is in 'n paar maande by die
> veelparty-onderhandelings in Kempton Park ontmasker. Waar was jul
> sewepunt-planne, jul vyfpunt-strategieë, jul waarborge vir minderhede,
> toe julle voor verteenwoordigers van die hele land gaan stelling
> inneem het? Waar was die bravade, die dreigemente, die opruien de
> toesprake, die beloftes? Ek was daar. Dit was 'n patetiese gesig om te
> aanskou hoe jul argumente - jul waan - onder julle uitgeruk word.
>
> Nou sit ons met nuwe vraagstukke. Apartheid is dood, die routyd is
> verby. Daar word hervorm en getransformeer.
>
> 'n Nuwe staat word met vingerklappe bestel. "Kom, kom, Boertjie. Roer
> jou gat, Outa het sy eie staat bestel. Staan op aandag. Moenie
> teëpraat nie, jul dae is verby. Dis jul plig om te help om die nuwe
> bestel te vestig. Julle moet jul kundigheid aan die opkomende swart
> elite oordra, só jul bestaan regverdig."
>
> Wie is die "julle" na wie verwys word? Die verknogtes? Nee, hul nesse
> is geveer. Die verknogtes het 'n historiese ommekeer gemaak, without
> missing one goose- step, soos Breyten Breytenbach dit stel.
>
> Die elite van die Ou Bedeling het oor hul eendepote geval om vrede te
> maak en alliansies te vorm met die elite van die Nuwe Bedeling. Hulle
> kuier oor en weer en bespreek hoë, versoenende begrippe soos
> staatsbevestigende strategieë, 'n nuwe patriotisme, toewyding aan die
> nuwe orde.
>
> Die SABC se nuusbaas, Phil Molefe, voer by die Menseregtekommissie aan
> dat transformasie op die boonste vlakke van die bestuursechelons
> suksesvol deurgevoer is. Die probleem lê op middelbestuursvlak, waar
> wit mans nog vasskop teen transformasie.
>
> Ek is 'n wit man. Wat is jou definisie van transformasie, mnr. Molefe?
> Word van my verwag om my uit my pos te transformeer? Moet ek
> vrywillig, uit beleefdheid - want so is ek grootgemaak - jou
> Africanist dream vir jou uitleef? Wat verwag jy van my? O, ek mag nie
> 'n standpunt inneem nie. Dankie, mnr. Molefe, dis vir my baie maklik,
> mnr. Molefe, want ek is so grootgemaak, dr. De Klerk.
>
> Wie is die "julle" soos in die "Hei, julle f . . . voetsoldate, roer
> julle gatte", dié"julle" wat nou die offers moet bring vir die nuwe
> Suid-Afrika? Is dit nie weer dieselfde armsalige drommels wat die
> Afrikaner-elite se gedoemde oorlog aan die grens en in die townships
> vir hulle gaan veg het wat nou weer die spit afbyt nie?
>
> 'n Psigiater skryf in 'n brief aan Beeld 'n groot gros van my
> generasie ly aan geestelike uitputting en tamheid. "In baie ge valle
> neem dit die proporsie van psigia triese siektes soos depressie,
> posttraumatiese stres-versteurings en ander angsversteurings aan . . .
> 'n algemene rou-reaksie, 'n verliessindroom en 'n eksistensiële
> krisis."
>
> Dié sindroom het te make met 'n verlies aan respek vir die verbygegane
> patriargie . . . "Dit het te doen met een ding predik en 'n ander ding
> doen, met waar en vals, met opreg en skynheilig, en met kommunikasie
> veel eerder as met taal."
>
> "Ondanks alles wat bespreek is, is ons 'n volk met regte, roem,
> prestasie en 'n dapper geskiedenis." Só skryf u, dr. De Klerk, op bl.
> 99.
>
> Dit was Nat Nakasa, of dalk Can Themba, ek kan nie onthou nie, wat op
> 'n keer vertel het hoe hard hy ook al sy oë toemaak en hom 'n
> Suid-Afrika sonder wit mense voorstel, hoe onmoontlik blyk hy dit te
> vind.
>
> Weet u, as ek my oë toemaak en ek verwens u geslag uit die
> Afrikanergeskiedenis uit, dan bly daar vir my nie soseer 'n volk van
> helde oor nie, maar bloot aardse, ordentlike mense met wie ek my kan
> identifiseer: mense gebrei deur die stryd van die onderdrukte, van die
> ou pedofiel Jan Pieterzoon van Kaspel ter Mare wat in 1659 hier aan
> die Kaap geland en teen leeus en Nederlandse amptenare die stryd
> gevoer het totdat hy 'n spogplaas, by name Louwsvliet, by die huidige
> Nuweland tot stand kon bring; tot by Louis Tri chardt wat soos 'n man
> sy eie dood in Lourenço Marques tegemoetgegaan het, 'n korrelkop
> sonder hoogmoed, in sy Dagboek nie 'n enkele selfregverdigende
> verwysing na die Bybel, of selfs na die vreemdheid van God, nie; die
> bittereinder genl. Christiaan de Wet; selfs Louis Botha en Jan Smuts
> wat bereid was om te baklei en te sterf vir waarin hulle geglo het.
>
> Weet u hoe maklik ek dit vind om my oë toe te maak en u hele geslag -
> die patriargale, beterweterige, rasbehepte lummels - uit my
> geskiedenis weg te dink?
>
> Wat is die grootste prestasie van u geslag, die geslag wat nooit bloed
> geruik en koeëls hoor fluit en oorlogsangs ervaar het nie; net Groot
> Gedagtes gedink en lewensfilosofieë gebaar het? Ek bely my
> subjektiwiteit, maar het u nie al u energie daaraan gewy om die
> buitewêreld en u kinders om die bos te lei nie?
>
> Was u grootste prestasie nie die mate waarin u daarin geslaag het om
> soos woordkunstenaars dogmatiese perdedrolle vir morele vye aan ons te
> verkoop nie?
>
> U sê harde en bitter dinge in u traktaat, soos u self beskeie laat
> val. Maar waarom in die abstrakte? Waarom "ons" en "die Afrikaner";
> waarom nie "ek", integraal deel van die meesterras-leerstellinge nie?
>
> U skryf: "Dit is onteenseglik waar dat die Afrikanerjeug in groot
> getalle Afrikanerwees met agterdog bejeën." Waarom? Waarom nie 'n
> enkele sin wat bely nie: "Ek, ek was persoonlik, energiek en doelgerig
> aandadig aan die mensonterende aberrasie van apartheid"?
>
> Die ironie is dat ek op intellektuele vlak met soveel saamstem wat u
> skryf; maar dit wil nie die woede verdryf nie. Ek is die bliksem in,
> die bliksem in vir die arrogansie, die selfregverdiging, die
> rasionalisasie, die ontkennings, en vir die leuens.
>
> As ons al jou raad volg, kan ons oorleef, ja. Maar as ons jou raad nou
> volg, staan ons presies waar ons sou gewees het as jou geslag ons nie
> met apartheid bedrieg het nie; en dan was ons boonop sonder die
> skuldlas.
>
> Soos altyd, sit ons weer aan die voete van die wysgere. Maar ons word
> teen die ore geklap. Want die nuwe geslag alwetendes is 'n geslag wat
> ons verwerp het, saam met die patriargie wat ons vir hulle
> versinnebeeld. In 'n enkele leeftyd is ons getransformeer van "bly
> stil, staan op aandag, doen wat die oom vir jou sê" tot "middeljarige
> wit Afrikanermans wat ly aan 'n magsverliessindroom". Die gevolg is
> een en dieselfde: hou jou bek, jy't niks te sê nie.
>
> Verskoon my, korporaal, maar f . . . jou. Verskoon my, dr. De Klerk.
> Verskoon my, mnr. Molefe. Verskoon my. Verskoon my, my landgenote, ek
> het teen julle gesondig. Verskoon my, Sonja Loots, jou geslag is die
> eintlike kinders van apartheid; julle is nog bloedjonk en onskuldig,
> die ware slagoffers - ek is 'n ou sondaar, besmet met geweerolie, die
> sweet van die paradegrond, en die bloed van swart kindertjies.
>
> Verskoon my, ek het geen morele reg om my mond oop te maak nie. Ek het
> nog nooit daardie reg gehad nie; hoe durf ek my dit nou aanmatig?
>
> Wat bly vir my oor? Ek is te oud om heeltemal onskuldig te wees. Ek is
> te jonk om ten volle aandadig te wees. Ek is te onskuldig om
> verskonings te versin. Ek is te skuldig om my hande te was.
>
> Ek is gatvol. Heeltemal, tot die keel toe, gatvol daarvoor om opdragte
> te vat. Eers van die apartheidspatriarge, nou van dieselfde bekeerde
> pilatus-patriarge en van die nuwe swart elite.
>
> Reeds word die veroordelende sjibbolets entoesiasties oorgeneem deur
> jong wit feministe met 'n skerp oog vir 'n magsgaping - die nuwe klas
> van onderdruktes, saam met die histories agtergeblewenes: swart mans
> en veral swart vroue, gestremdes, HIV-besmettes . . .
>
> "Hou jou bek, jou middeljarige wit Afrikanerman. Staan op aandag.
> Luister as ek praat. Jy't f . . . ol te sê."
>
> Ek is jammer. Ek is baie jammer. Maar ek is genoeg verneuk. Nou veg ek
> vir wat vir my van belang is. Binne die demokrasie, ja. Maar nie
> noodwendig saam met die voorskriftelike en voorsprekende en die
> politiek korrekte - die idiotiese - massa nie.
>
> Jammer.
>
> Hoogagtend die uwe,
> Chris Louw
>
Re: And so say all of us......... [boodskap #30392 is 'n antwoord op boodskap #30362] So, 07 Mei 2000 00:00 Na vorige boodskap
Gary Bartholomew  is tans af-lyn  Gary Bartholomew
Boodskappe: 106
Geregistreer: Maart 2000
Karma: 0
Senior Lid
Nou's ek sommer die moer in. Nee, wag, dis nie waar nie. Ek was *lekker*
saam die moer in gewees; het saam op hierdie katarsisreis kom ry, en nes jy,
Pat, stem ek heeltemal saam. Ek was saam in daardie span- agteros wat ook
daar uitkom. Die sweep ken ons almal.

PAT skryf in boodskap news:01bfb6f1$51510120$2095aec7@ms660966.mindspring.com...
> Dankie vir die bydrae nomad, dit slaan reg in die hart. Ek en my
> siblings pas so reg in Louw se era, en ek assosieer een honderd persent
> met wat hy sê. Wat my wel bybly is een woord wat mens darem altyd
> kan assosieer met die deursnee middelklas Afrikaner, en daardie
> woord is "ordentlik". Ek sukkel my dood hier in Amerika om my kinders
> (tieners) dieselfde respek en waardering te leer wat ons gehad het vir
> die dominee, die onderwyser en ons ouers. Hulle kom weg met moord, en
> ek moet dikwels hoor dat ek te streng is met hulle. n Ander land en
> n ander era sou ek sê.
>
> pat
>
> nomad wrote in article
> ...
>> Uit Beeld van 6 Mei:
>>
>> Boetman is die bliksem in
>>
>>
>> In 'n brief aan Beeld het 'n psigiater onlangs na aanleiding van dr.
>> Willem de Klerk se boek Afrikaners: kroes, kras, kordaat kommer
>> uitgespreek oor die geestelike uitputting en tamheid waaraan die
>> geslag Afrikaners tussen die ouderdom van dertig en veertig jaar ly.
>> Dit het Chris Louw (46), uitvoerende regisseur van die
>> radio-aktualiteitsprogramme Monitor en Spektrum, genoop om 'n ope
>> brief aan De Klerk te skryf. In die lig van die huidige debat oor De
>> Klerk se boek en oor die plek van die Afrikaner in die nuwe
>> Suid-Afrika word 'n geredigeerde weergawe van Louw se brief hier
>> geplaas. Die volledige brief sal volgens Louw einde vandeesmaand in
>> gedrukte vorm beskikbaar wees.
>>
>> Geagte dr. De Klerk
>>
>> Aanvanklik het ek gewonder waarom ek u boekie Afrikaners: kroes, kras,
>> kordaat met soveel weerstand gelees het. Nie heeltemal weersin nie,
>> let wel: net weerstand.
>>
>> My geslag is mos grootgemaak om ons emosies te beteuel, om ons nie oor
>> te gee aan enige werklike vorm van koestering nie - nie liefde nie, en
>> ook nie haat nie.
>>
>> Ons is geleer om gesien en nie gehoor te word nie, om opdragte uit te
>> voer sonder teëspraak, om respek vir die oueres te toon. Om, op die
>> keper, bereid te wees om ons lewe op te offer vir ons land en vir die
>> Groter Saak. Ek praat nou van wit Afrikanermans van so tussen dertig
>> en vyftig - dié ouens wat met verpligte diensplig gebrandmerk is.
>>
>> Laat ek dit maar so diplomaties moontlik sê: u boekie ruik na
>> oneerlikheid. Die oneerlikheid van selfregverdiging.
>>
>> U boek is nie in die eerste plek geskryf vir u kinders, "hulle wat 'n
>> nuwe loot uit die Afrikanerwortels sal moet uitstoot", nie. U boek is
>> geskryf vir 'n bejaarde man, so iets in die sewentig, met plooie op
>> die gesig en grys hare aan die slape, 'n konserwatiewerige bril op die
>> neus om die indruk te bevestig van iemand met status, iemand met
>> insig, wie se oordeel vertrou kan word, wie se woorde gewig dra.
>>
>> Ek onthou u van die dae toe u nog redakteur van Die Transvaler was. U
>> sal my waarskynlik nie onthou nie. Ek was die outjie vir wie u in die
>> gang gegroet het met: "Dag, Boetman." Tóé was ek "Boetman"; twintig
>> jaar later is ek 'n middeljarige blanke Afrikanerman.
>>
>> My geslag is in die wieg gelê om te speel met woorde; woorde het selde
>> die betekenis gedra waarmee hulle deur verklarende woordeboeke belas
>> was. Dink maar aan begrippe soos "demokrasie", "nasionalisme",
>> "selfregering", "onafhanklike state", selfs die eienaam waarvoor van
>> my vriende grens toe gestuur is en sommige selfs witbene gemaak het:
>> "Suid-Afrika". Die "Suid-Afrika" van u geskrifte, die "Suid-Afrika"
>> waaraan u lojaliteit bely het, was tog iets heel anders, iets veel
>> blankers, as die Suid-Afrika wat ons - dis nou wit en swart - vandag
>> saam in ons pynlike nuwe volkslied besing.
>>
>> Dit het ons natuurlik van u geslag geleer, dié slag met woorde. U
>> geslag het die begrippe uitgedink; ons, my geslag, het dit uitgeleef.
>> Want ons is afgerig om nie openlik in opstand te kom nie: "Ja, Pa,
>> nee, Pa, reg, Pa, goed so, Pa."
>>
>> U geslag was die eerste, en moontlik die laaste, in die
>> Afrikanergeskiedenis wat nooit self 'n oorlog gevoer het nie: te laat
>> gebore vir die Tweede Vryheidstryd; te jonk vir die Eerste
>> Wêreldoorlog; te Duits- neutraal vir die Tweede Wêreldoorlog; te hard
>> aan die dink en wonder en staatsbestelle en ander konstellasies beplan
>> en regverdiging soek vir die Grensoorlog.
>> Julle was die eerste geslag Afrikaners wat jul kinders afgevaardig
>> het om vir julle te gaan sterf.
>> Dié wat nie jul gek drome wou verdedig met die wapens wat julle aan
>> ons uitgereik het nie, is tronkstraf opgelê; of, erger: mal verklaar.
>> Tóé het hulle al gesê die stelsel is te gek vir woorde - dié wat
>> destyds al begryp het, is "skisofrenies en ongeskik vir militêre
>> diens" verklaar.
>>
>> En u? Waar was u? U het u in u skemer kantoor teruggetrek en
>> verkwiklike nuwe woorde en klinkende frases gemunt. Soos u befaamde
>> nuutskeppinge "verligtes" en "verkramptes".
>>
>> Eintlik is daar 'n derde kategorie Afrikaner. Die verknogtes.
>> "Verknog" soos in "verknog aan mag", of eerder, "verknog aan knoei".
>> Die woordeboek se definisie van "knoei" is: "slordige, onbedrewe werk
>> verrig; bedrieglik en agterbaks te werk gaan; oneerlike metodes
>> gebruik".
>>
>> Verlig, verkramp, verknog.
>>
>> My pa het altyd gesê: Verwoerd, verward, verwaand.
>>
>> Weet u dat toe u my ge-"Dag Boetman" het in Perskor se gange, weet u
>> dat ek toe al 'n getroude man was, 'n pa van twee kinders, so digby
>> die dertig, met 'n huispaaiement om te betaal? Weet u dat my
>> tydgenote - die bly-stil-Pa-het-klaar-gepraat-geslag - toe met gewere
>> in Angola was om die k . . . uit ters te skiet? Weet u hoe het die
>> ters die k . . . uit óns geskiet?
>>
>> Maar u was te hard aan die dink aan nuwe begrippe om nuwe betekenis en
>> nuwe morele en intellektuele inhoud aan "afsonderlike ontwikkeling" te
>> gee. U het u besig gehou met staatsfilosofiese kwessies soos die
>> stelselmatige uitbreiding van die demokrasie wat beslag moes vind in
>> 'n voortreflike driekamerparlement.
>>
>> Weet u dat toe ek nuusredakteur van Die Vaderland was, weet u dat ek
>> toe vir 'n militêre kamp na Richardsbaai opgeroep is?
>>
>> Weet u hoe het hierdie vername en vooraanstaande lid van u samelewing
>> sy land gedien? Ek het soggens k . . .-potte in die army skoongemaak,
>> dit was my daaglikse opdrag.
>>
>> Ek kla nie, ek is maar net nog een in geslag op geslag Afrikaners wat
>> moes oorlog maak vir my volk se voortbestaan.
>>
>> K . . .-potte skoongemaak in die kamp by Richardsbaai. En toe die
>> kaptein hoor hy het hier te doen met 'n vooraanstaande lid van u
>> gemeenskap, toe het hy skaam gekry en hom oor my ontferm. Toe word ek
>> aangestel om die kantoor van die kaptein se sekretaresse skoon te
>> maak. Ek was immers 'n senior joernalis by 'n vooraanstaande
>> NP-gesinde koerant. Ek het selfs besluit wat Afrikaners mag lees, wat
>> is nuuswaardig en wat is louter s . . .
>>
>> Ek was 'n betroubare katalisator. Ek was immers 'n produk van
>> Christelik-Nasionale onderwys; 'n suksesvolle skepping van organe soos
>> u Broederbond. U, die produk van 'n geslag wat elke oorlog soos die
>> bitter beker by hulle laat verbygaan het. Die geslag wat die las op
>> hom geneem het om sy kinders na die hand te vorm en te giet:
>> bliksoldaatjies wat moes grens toe om te veg, dood te maak en
>> doodgemaak te word, vir julle ideale.
>>
>> O, ons het medaljes ontvang, ja! Aangesteek - Honoris Crux, post
>> mortem, in sommige gevalle - met die sterk en vertroude hande van P.W.
>> Botha.
>>
>> Ons het geleer om ironies te lewe, my geslag. Ons kon nie anders nie;
>> ons moes, ter wille van oorlewing.
>>
>> "Hou jou bek, luister as daar met jou gepraat word, druk jou kop in
>> die f . . . skrum, dis nie 'n mishoop nie, buk, hoekom is jou hare so
>> lank, laat ons die hoofde buig en God bedank vir al ons seëninge, die
>> kaf . . . s raak gans te wit, kinders moet gesien en nie gehoor word
>> nie, jy's 'n f . . . troep, verstaan jy, jy sal net opdragte uitvoer,
>> ons sal die politieke probleme oplos . . ."
>>
>> Jý het nooit daardie vernedering gesmaak nie. Nie jy of jou hele
>> geslag nie. Julle het bloot die omstandighede daarvoor geskep. Jy stel
>> dit selfs beter as ek: "Ons (!) kudde-instink en tendens tot
>> gesagsonderwerping maak ons agternalopers van leiers op talle
>> terreine."
>>
>> Hoe mooi speel jy met die persoonlike voornaamwoorde "ons" en "hulle"
>> wanneer jy na Afrikaners verwys; alles om afstand te plaas tussen
>> onderwerp en werkwoord. "Ek" vind alte lekker skuiling agter die
>> abstrakte "ons" en "hulle" en "Afrikaners", so asof die gekamoefleerde
>> "ek" nooit regtig teenwoordig was nie; geen rede het om self jammer,
>> tot-die- dood-toe-jammer, te sê nie.
>>
>> En toe kom julle groot geleentheid . . . jul uur van waarheid breek
>> aan. Om die ANC - die vyand - van aangesig tot aangesig oor die
>> slagveld van die konferensietafel te ontmoet. Jare lank het die
>> jongeres die fort gehou. Nou was die kinderspeletjies verby. Nou sou
>> julle die wapen opneem. Julle was slaggereed. Jul woorde was mos
>> geslyp deur jare se oefening.
>>
>> Maar al jul grootse planne is in 'n paar maande by die
>> veelparty-onderhandelings in Kempton Park ontmasker. Waar was jul
>> sewepunt-planne, jul vyfpunt-strategieë, jul waarborge vir minderhede,
>> toe julle voor verteenwoordigers van die hele land gaan stelling
>> inneem het? Waar was die bravade, die dreigemente, die opruien de
>> toesprake, die beloftes? Ek was daar. Dit was 'n patetiese gesig om te
>> aanskou hoe jul argumente - jul waan - onder julle uitgeruk word.
>>
>> Nou sit ons met nuwe vraagstukke. Apartheid is dood, die routyd is
>> verby. Daar word hervorm en getransformeer.
>>
>> 'n Nuwe staat word met vingerklappe bestel. "Kom, kom, Boertjie. Roer
>> jou gat, Outa het sy eie staat bestel. Staan op aandag. Moenie
>> teëpraat nie, jul dae is verby. Dis jul plig om te help om die nuwe
>> bestel te vestig. Julle moet jul kundigheid aan die opkomende swart
>> elite oordra, sê jul bestaan regverdig."
>>
>> Wie is die "julle" na wie verwys word? Die verknogtes? Nee, hul nesse
>> is geveer. Die verknogtes het 'n historiese ommekeer gemaak, without
>> missing one goose- step, soos Breyten Breytenbach dit stel.
>>
>> Die elite van die Ou Bedeling het oor hul eendepote geval om vrede te
>> maak en alliansies te vorm met die elite van die Nuwe Bedeling. Hulle
>> kuier oor en weer en bespreek hoë, versoenende begrippe soos
>> staatsbevestigende strategieë, 'n nuwe patriotisme, toewyding aan die
>> nuwe orde.
>>
>> Die SABC se nuusbaas, Phil Molefe, voer by die Menseregtekommissie aan
>> dat transformasie op die boonste vlakke van die bestuursechelons
>> suksesvol deurgevoer is. Die probleem lê op middelbestuursvlak, waar
>> wit mans nog vasskop teen transformasie.
>>
>> Ek is 'n wit man. Wat is jou definisie van transformasie, mnr. Molefe?
>> Word van my verwag om my uit my pos te transformeer? Moet ek
>> vrywillig, uit beleefdheid - want so is ek grootgemaak - jou
>> Africanist dream vir jou uitleef? Wat verwag jy van my? O, ek mag nie
>> 'n standpunt inneem nie. Dankie, mnr. Molefe, dis vir my baie maklik,
>> mnr. Molefe, want ek is so grootgemaak, dr. De Klerk.
>>
>> Wie is die "julle" soos in die "Hei, julle f . . . voetsoldate, roer
>> julle gatte", dié"julle" wat nou die offers moet bring vir die nuwe
>> Suid-Afrika? Is dit nie weer dieselfde armsalige drommels wat die
>> Afrikaner-elite se gedoemde oorlog aan die grens en in die townships
>> vir hulle gaan veg het wat nou weer die spit afbyt nie?
>>
>> 'n Psigiater skryf in 'n brief aan Beeld 'n groot gros van my
>> generasie ly aan geestelike uitputting en tamheid. "In baie gevalle
>> neem dit die proporsie van psigia triese siektes soos depressie,
>> posttraumatiese stres-versteurings en ander angsversteurings aan . . .
>> 'n algemene rou-reaksie, 'n verliessindroom en 'n eksistensiële
>> krisis."
>>
>> Dié sindroom het te make met 'n verlies aan respek vir die verbygegane
>> patriargie . . . "Dit het te doen met een ding predik en 'n ander ding
>> doen, met waar en vals, met opreg en skynheilig, en met kommunikasie
>> veel eerder as met taal."
>>
>> "Ondanks alles wat bespreek is, is ons 'n volk met regte, roem,
>> prestasie en 'n dapper geskiedenis." Sê skryf u, dr. De Klerk, op bl.
>> 99.
>>
>> Dit was Nat Nakasa, of dalk Can Themba, ek kan nie onthou nie, wat op
>> 'n keer vertel het hoe hard hy ook al sy oë toemaak en hom 'n
>> Suid-Afrika sonder wit mense voorstel, hoe onmoontlik blyk hy dit te
>> vind.
>>
>> Weet u, as ek my oë toemaak en ek verwens u geslag uit die
>> Afrikanergeskiedenis uit, dan bly daar vir my nie soseer 'n volk van
>> helde oor nie, maar bloot aardse, ordentlike mense met wie ek my kan
>> identifiseer: mense gebrei deur die stryd van die onderdrukte, van die
>> ou pedofiel Jan Pieterzoon van Kaspel ter Mare wat in 1659 hier aan
>> die Kaap geland en teen leeus en Nederlandse amptenare die stryd
>> gevoer het totdat hy 'n spogplaas, by name Louwsvliet, by die huidige
>> Nuweland tot stand kon bring; tot by Louis Tri chardt wat soos 'n man
>> sy eie dood in Lourenço Marques tegemoetgegaan het, 'n korrelkop
>> sonder hoogmoed, in sy Dagboek nie 'n enkele selfregverdigende
>> verwysing na die Bybel, of selfs na die vreemdheid van God, nie; die
>> bittereinder genl. Christiaan de Wet; selfs Louis Botha en Jan Smuts
>> wat bereid was om te baklei en te sterf vir waarin hulle geglo het.
>>
>> Weet u hoe maklik ek dit vind om my oë toe te maak en u hele geslag -
>> die patriargale, beterweterige, rasbehepte lummels - uit my
>> geskiedenis weg te dink?
>>
>> Wat is die grootste prestasie van u geslag, die geslag wat nooit bloed
>> geruik en koeëls hoor fluit en oorlogsangs ervaar het nie; net Groot
>> Gedagtes gedink en lewensfilosofieë gebaar het? Ek bely my
>> subjektiwiteit, maar het u nie al u energie daaraan gewy om die
>> buitewêreld en u kinders om die bos te lei nie?
>>
>> Was u grootste prestasie nie die mate waarin u daarin geslaag het om
>> soos woordkunstenaars dogmatiese perdedrolle vir morele vye aan ons te
>> verkoop nie?
>>
>> U sê harde en bitter dinge in u traktaat, soos u self beskeie laat
>> val. Maar waarom in die abstrakte? Waarom "ons" en "die Afrikaner";
>> waarom nie "ek", integraal deel van die meesterras-leerstellinge nie?
>>
>> U skryf: "Dit is onteenseglik waar dat die Afrikanerjeug in groot
>> getalle Afrikanerwees met agterdog bejeën." Waarom? Waarom nie 'n
>> enkele sin wat bely nie: "Ek, ek was persoonlik, energiek en doelgerig
>> aandadig aan die mensonterende aberrasie van apartheid"?
>>
>> Die ironie is dat ek op intellektuele vlak met soveel saamstem wat u
>> skryf; maar dit wil nie die woede verdryf nie. Ek is die bliksem in,
>> die bliksem in vir die arrogansie, die selfregverdiging, die
>> rasionalisasie, die ontkennings, en vir die leuens.
>>
>> As ons al jou raad volg, kan ons oorleef, ja. Maar as ons jou raad nou
>> volg, staan ons presies waar ons sou gewees het as jou geslag ons nie
>> met apartheid bedrieg het nie; en dan was ons boonop sonder die
>> skuldlas.
>>
>> Soos altyd, sit ons weer aan die voete van die wysgere. Maar ons word
>> teen die ore geklap. Want die nuwe geslag alwetendes is 'n geslag wat
>> ons verwerp het, saam met die patriargie wat ons vir hulle
>> versinnebeeld. In 'n enkele leeftyd is ons getransformeer van "bly
>> stil, staan op aandag, doen wat die oom vir jou sê" tot "middeljarige
>> wit Afrikanermans wat ly aan 'n magsverliessindroom". Die gevolg is
>> een en dieselfde: hou jou bek, jy't niks te sê nie.
>>
>> Verskoon my, korporaal, maar f . . . jou. Verskoon my, dr. De Klerk.
>> Verskoon my, mnr. Molefe. Verskoon my. Verskoon my, my landgenote, ek
>> het teen julle gesondig. Verskoon my, Sonja Loots, jou geslag is die
>> eintlike kinders van apartheid; julle is nog bloedjonk en onskuldig,
>> die ware slagoffers - ek is 'n ou sondaar, besmet met geweerolie, die
>> sweet van die paradegrond, en die bloed van swart kindertjies.
>>
>> Verskoon my, ek het geen morele reg om my mond oop te maak nie. Ek het
>> nog nooit daardie reg gehad nie; hoe durf ek my dit nou aanmatig?
>>
>> Wat bly vir my oor? Ek is te oud om heeltemal onskuldig te wees. Ek is
>> te jonk om ten volle aandadig te wees. Ek is te onskuldig om
>> verskonings te versin. Ek is te skuldig om my hande te was.
>>
>> Ek is gatvol. Heeltemal, tot die keel toe, gatvol daarvoor om opdragte
>> te vat. Eers van die apartheidspatriarge, nou van dieselfde bekeerde
>> pilatus-patriarge en van die nuwe swart elite.
>>
>> Reeds word die veroordelende sjibbolets entoesiasties oorgeneem deur
>> jong wit feministe met 'n skerp oog vir 'n magsgaping - die nuwe klas
>> van onderdruktes, saam met die histories agtergeblewenes: swart mans
>> en veral swart vroue, gestremdes, HIV-besmettes . . .
>>
>> "Hou jou bek, jou middeljarige wit Afrikanerman. Staan op aandag.
>> Luister as ek praat. Jy't f . . . ol te sê."
>>
>> Ek is jammer. Ek is baie jammer. Maar ek is genoeg verneuk. Nou veg ek
>> vir wat vir my van belang is. Binne die demokrasie, ja. Maar nie
>> noodwendig saam met die voorskriftelike en voorsprekende en die
>> politiek korrekte - die idiotiese - massa nie.
>>
>> Jammer.
>>
>> Hoogagtend die uwe,
>> Chris Louw
>>
Vorige onderwerp: Samuel Murray gaan Johannesburg toe
Volgende onderwerp: Re: Welkom terug Leendert
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Nov 27 16:35:16 MGT 2024