Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » koppelteken
koppelteken [boodskap #126661] Sun, 16 June 2019 18:17
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21086
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
koppelteken
Afbreking: kop•pel•te•ken
Samestelling: koppel + teken



Selfstandige naamwoord: koppelteken
Meervoud: koppeltekens
Verkleinwoord: koppeltekentjie
Meervoud van verkleining: koppeltekentjies

Betekenis:
• (grammatika) 'n Leesteken wat verskillende begrippe met mekaar verbind; strepie tussen woorde.

Gebruik:
• Algemene leestekens sluit in: die punt, komma, koppelteken, deelteken, dubbelpunt, ens.
• Voorbeelde van woorde met koppeltekens is: na-aap (opeenhoping van klinkers), so-so (herhaling), drie-en-veertig (samestelling) en sout- en peperpot (weglating).

Sinoniem:
• verbindingsstreep

Verwant:
• afbrekingsteken

Vertaling:
Engels: hyphen
Nederlands: koppelteken

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: woordsoort
Volgende onderwerp: waterbesoedeling
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sun Jan 26 06:11:12 UTC 2025