wolhaarstorie [boodskap #126645] |
Sat, 15 June 2019 16:04 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
wolhaarstorie
Afbreking: wol•haar•sto•rie
Samestelling: wolhaar + storie
Selfstandige naamwoord: wolhaarstorie
Meervoud: wolhaarstories
Verkleinwoord: wolhaarstorietjie
Meervoud van verkleining: wolhaarstorietjies
Betekenis:
• Versinsel wat as die waarheid voorgehou word.
Gebruik:
• Gerugte op sosiale media dat die Voortrekkermonument aan Sjinese verkoop is, is 'n wolhaarstorie.
Verwant:
• wolhaarpraatjies
Vertaling:
Engels: urban legend, rumor
Nederlands: broodjeaapverhaal
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|