Leksikograaf Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
voetstoots
Afbreking: voet•stoots
Bywoord: voetstoots
Betekenis:
• Sonder waarborg of voorwaardes; met gebreke en al, nes dit voor die voete lê.
• (figuurlik) Blindelings sonder nadere ondersoek; sommer net so.
Gebruik:
• Jy kan die woonwa voetstoots koop.
• Moenie al sy stories voetstoots aanvaar nie.
Vertaling:
Engels: voetstoots, voetstoets, as is
Latyn: caveat emptor
Nederlands: voetstoots
Nota:
• Van Nederlands, om met die voet te stoot.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.