| môre [boodskap #126642] |
Sa., 15 Junie 2019 11:45 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24241 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
môre
Afbreking: mô•re
Uitspraak: /ˈmoːrə/
Bywoord: môre
Betekenis:
• Die volgende dag; die dag ná vandag.
• Eerskomende dag.
Gebruik:
• Ons gaan môre op vakansie.
Wisselvorm:
• more (minder gebruiklik)
Antoniem:
• gister
Verwant:
• oormôre
Vertaling:
Engels: tomorrow
Nederlands: morgen
Sotho: gosasa
Swazi: kusasa
Venda: matshelo
Xhosa: ngomso
Zoeloe: kusasa, ngomuso
Selfstandige naamwoord: môre
Meervoud: môres
Betekenis:
• Tyd tussen die nag en die volle dag, of tussen dagbreek en twaalfuur.
Gebruik:
• Die môre ná die partytjie was almal besonder stil gewees.
Sinoniem:
• oggend
Vertaling:
Engels: morning
Nederlands: morgen, ochtend
Xhosa: intsasa
Zoeloe: isasa
Tussenwerpsel: môre
Betekenis:
• Groetvorm in die oggend.
Gebruik:
• Môre, môre! Het jy lekker geslaap?
• Goeie môre! Môre is niks, jy moet vandag sien!
Verwant:
• goeiemôre
• middag
• môresê
• naand
Vertaling:
Engels: morning
Nederlands: morgen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|