Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » ly
ly [boodskap #126632] Sa., 15 Junie 2019 08:00
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24155
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Voorstelling van Jesus se kruisiging.
'n Voorstelling van Jesus se kruisiging.
ly
Afbreking: ly
Uitspraak: /lə̟i̯/




Werkwoord: ly
Verlede tyd: het gely
Teenwoordige deelwoord: lydend, lydende
Verlede deelwoord: gelyde

Betekenis:
• Om swaar te kry of pyn te ervaar; smart en ellende ondergaan.

Gebruik:
• Die vrou ly aan kanker.
• Hy ly aan slapelose nagte.

Spreekwoord:
• Eet wat jy lus en ly wat daarop volg. ['n Waarskuwing aan iemand wat te ryk eet.]

Afgelei:
• hongerly
• lyding
• lyer

Homofoon:
• lei (voor loop)

Vertaling:
Engels: to suffer, bear, endure
Nederlands: lijden

Die ly- en loefkant van 'n boot.
Die ly- en loefkant van 'n boot.

Selfstandige naamwoord: ly
Meervoud:

Betekenis:
• (skeepvaart) Die teenoorgestelde kant van waar die wind vandaan kom.

Gebruik:
• Die bemanning skuif van die ly na die loef van die dek.

Sinoniem:
• windafkant

Antoniem:
• loef

Afgelei:
• lyboord
• lykant
• lysy
• verlyer

Vertaling:
Engels: lee
Nederlands: lij

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: adjektief
Volgende onderwerp: meisie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So. Des. 21 08:16:34 UTC 2025