Betekenis:
• 'n Woordsoort wat die plek of volgorde van iets in 'n reeks aandui.
Gebruik:
• 'n Rangtelwoord word meestal gevorm deur die agtervoegsel -de of -ste agter 'n hooftelwoord te voeg.
• Bepaalde rangtelwoorde dui die presiese volgorde in 'n reeks aan, bv. eerste, derde, honderdste en miljoenste.
• Onbepaalde rangtelwoorde dui nie die presiese volgorde in 'n reeks aan nie, bv. middelste, soveelste en laaste.
Afkorting:
• rangtelw.
Vertaling:
Engels: ordinal number
Nederlands: rangtelwoord
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.