stukkend [boodskap #126592] |
Wed, 12 June 2019 16:51 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
stukkend
Afbreking: stuk•kend
Byvoeglike naamwoord: stukkend
Vergrotende trap: stukkender
Oortreffende trap: stukkendste
Attributief: stukkende
Partitief: stukkends
Betekenis:
• Gebreek of geskeur; in stukke of vol gate; in 'n nie-werkende toestand nie.
Gebruik:
• Sy broek is stukkend agter.
• Hy is met 'n klip in sy hand voor die stukkende venster aangetref.
Spreekwoord:
• Hy is stukkend. [Aangeklam/dronk.]
• Sy kyk my stukkend. [Iemand baie kwaai aankyk.]
Sinoniem:
• gebreek
• kapot
Antoniem:
• heel
• reg
Vertaling:
Engels: broken, torn
Nederlands: stuk, gebroken, kapot
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|