Betekenis:
• Iemand wie se werk dit is om na wilde diere te kyk. 'n Persoon wat die natuurlike hulpbronne bewaar en bestuur.
Gebruik:
• Ná 'n skietgeveg met stropers het 'n wildbewaarder van die Krugerwildtuin aan sy beserings beswyk.
• 'n Wildbewaarder is verantwoordelik vir die beskerming, hervestiging en uitdunning van oorbevolkte wild.
Sinoniem:
• veldwagter
Vertaling:
Engels: game warden, ranger
Nederlands: boswachter
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.