Leksikograaf Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
nee
Afbreking: nee
Uitspraak: /niəː/
Bywoord: nee
Betekenis:
• Dui ontkenning aan; as mens nie met iets saamstem nie of negatief wil reageer; die teengestelde van ja.
• Deel van 'n uitroep om teleurstelling aan te dui.
Gebruik:
• Nee, ek sal nie gaan lê nie. Nee, ek sal dit nie gelate aanvaar nie.
• A nee a! Ag nee man!
Spreekwoord:
• Laat jou ja ja wees en jou neenee. [Wees beslis.]
Sinoniem:
• negatief
Antoniem:
• ja
Verwant:
• ja-nee
Vertaling:
Duits: nein
Fanagalo: cha
Engels: no
Nederlands: nee, neen
Nota:
• Die beklemtoning van "nee" kry twee akuuttekens: "Néé, mense!"
• Pas op om nie "nee" met "née" te verwar nie.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.