Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » ja
ja [boodskap #126586] Wo, 12 Junie 2019 13:08
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19039
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
ja
Afbreking: ja
Uitspraak: /jɑː/




Bywoord: ja

Betekenis:
• Gee bevestiging of toestemming.
• Stem saam met wat gesê word.

Gebruik:
• Mag ek nog koek kry? Ja, natuurlik!
Ja, ek dink jy is reg.

Spreekwoord:
Ja en amen speel. [Iemand na die mond praat.]
• Laat jou ja ja wees en jou nee nee. [Wees beslis.]
• Op alles ja en amen sê. [Bloot saamstem met ander sonder om ooit ’n eie mening uit te spreek.]

Sinoniem:
• inderdaad

Antoniem:
• nee

Verwant:
• ja-ja
• ja-nee

Vertaling:
Engels: yes
Nederlands: ja
Venda: ii, iina, ina, ee
Xhosa: ewe
Zoeloe: yebo, ee, ehhee


Selfstandige naamwoord: ja
Meervoud: ja's

Betekenis:
• 'n Bevestigende of instemmende antwoord.

Gebruik:
• Sy het ja gesê.

Vertaling:
Engels: yes
Nederlands: ja


Werkwoord: ja
Verlede tyd: het geja

Betekenis:
• Snel, vinnig beweeg.
• Dryf, aandryf.

Gebruik:
• Hy ja na die badkamer.
• Lukas ja die beeste kraal toe.

Spreekwoord:
• Geld uit iemand se sak ja. [Iemand laat geld uitgee.]
• Iemand skrik op die lyf ja. [Iemand bang maak.]

Wisselvorm:
• jaag
• jae

Vertaling:
Engels: to chase, persue, drive, hurry
Nederlands: jagen, jachten

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: nuut
Volgende onderwerp: nee
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 20 18:09:27 MGT 2024