Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » infinitief
infinitief [boodskap #126578] Wo., 12 Junie 2019 10:18
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26106
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
infinitief
Afbreking: in•fi•ni•tief
Uitspraak: /ˈənfənətif/, /ˈə̃fənətif/, /ənfənəˈtif/, /ə̃fənəˈtif/



Selfstandige naamwoord: infinitief
Meervoud: infinitiewe

Betekenis:
• Die onbepaalde vorm van 'n werkwoord wat nie 'n persoon, getal of tyd aandui nie.

Gebruik:
• Alles van "om... ...te" tot die einde van 'n sin word as die infinitief beskou, bv. "Hy staan vroeg op OM TE eet."
Infinitiewe dui nie aan dat die handeling deur iemand verrig word nie, maar stel dit as 'n ding voor, bv. "Vroeg opstaan is gesond".

Sinoniem:
• onbepaalde wys

Afkorting:
• inf.

Afgelei:
• infinitiefbepaling
• infinitiefkonstruksie
• infinitiefvorm

Vertaling:
Engels: infinitive
Nederlands: infinitief

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: verkleinwoord
Volgende onderwerp: lettergreep
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo. Aug. 12 21:41:30 UTC 2026