Betekenis:
• Orgaan waarmee 'n mens of dier kyk en dinge sien; gesigsorgaan wat ligprikkels waarneem.
• 'n Oogvormige opening in 'n voorwerp.
• Blik wat mens op iets rig.
• 'n Fontein of plek waar gedrink word.
Gebruik:
• My een oog wil nie mooi fokus nie.
• Sy trek 'n garing deur die oog van 'n naald.
• Gooi 'n oog oor die artikel. Alle oë was op hom gerig.
• Toe hy die plaas betrek het, was daar 'n fontein of oog bó in die berg.
Spreekwoord:
• Hy vang haar oog. [Iemand se aandag trek.]
• Jy moet 'n wakende oog hou. [Iets goed dophou.]
• Uit die oog, uit die hart. [Weg, en daardeur vergete.]
• Die balk in jou eie oog nie opmerk nie. [Jou eie groot foute nie raaksien nie.]
• Een oog in die pot en die ander in die skoorsteen. [Skeel kyk.]
• Net vir een ding oog en oor hê. [Net in een ding belangstel.]
• Nie 'n krieseltjie om in jou oog te steek nie. [Heeltemal niks.]
• 'n Oog vir 'n oog en 'n tand vir 'n tand. [Presies eis wat 'n mens skade gely het.]
• Die oog van die meester maak die perd vet. [As jy self na jou sake kyk, trek jy die meeste voordeel.]
• Wat die oog nie sien nie, kan die hart nie deer nie. ['n Mens bekommer jou nie oor iets waarvan jy nie weet nie.]
• Hy sien die splinter in my oog, maar vergeet die balk in sy eie. [Klein tekortkomings in ander opmerk, maar jou eie groter gebreke vergeet.]