Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » eenheid
eenheid [boodskap #126545] Ma, 10 Junie 2019 19:03
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19038
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
eenheid
Afbreking: een•heid




Selfstandige naamwoord: eenheid
Meervoud: eenhede

Betekenis:
• (fisika) 'n Grootheid wat as maat gebruik word
• (militêr) 'n Groep soldate; 'n militêre eenheid.
• 'n Bymekaar horende geheel met kenmerkende eienskappe; dit wat saam as een groep bestaan en handel.

Gebruik:
• Lumen en joule is eenhede wat tot die SI-stelsel gereken word.
• Die verspieders het geen vyandelike eenhede aangetref nie.
• Die eenheid van die kerk word in die Apostoliese Geloofsbelydenis bely.

Afgelei:
• lengte-eenheid
• polisie-eenheid
• tydeenheid
• volume-eenheid
• warmte-eenheid
• Drie-eenheid

Vertaling:
Engels: unit, unity
Nederlands: eenheid

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: maan
Volgende onderwerp: onderskei
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 20 17:31:20 MGT 2024