Leksikograaf Boodskappe: 20799 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
karakter
Afbreking: ka•rak•ter
Selfstandige naamwoord: karakter
Meervoud: karakters
Verkleinwoord: karaktertjie
Meervoud van verkleining: karaktertjies
Betekenis:
• 'n Letterteken; letter, syfer of simbool in gedrukte/geskrewe teks.
• Persoon in 'n toneelstuk of fliek.
• Kenmerk; aard; geaardheid; inbors; natuur; wese.
Gebruik:
• Hierdie karakter is verkeerd gedruk, maar die woord is darem leesbaar.
• Sy het die karakter van Juliet goed vertolk.
• Hy het 'n bombastiese karakter.
Vertaling:
Engels: character
Nederlands: karakter
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.