Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » swak
swak [boodskap #126541] Mon, 10 June 2019 18:04
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20946
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
swak
Afbreking: swak




Byvoeglike naamwoord: swak
Vergrotende trap: swakker
Oortreffende trap: swakste
Attributief: swakke
Partitief: swakkes
Intensief: doodswak, kuikenswak, uiters swak

Betekenis:
• Met 'n tekort aan krag of vaardigheid.
• Van lae of onbevredigende standaard (breek maklik, nie goed gemaak nie, doen nie wat dit moet nie, ens.)

Gebruik:
• Slegte lewenstylkeuses kan tot swak gesondheid lei.
• Die opposisie was maar swak.

Spreekwoord:
• Die gees is gewillig, maar die vlees is swak. [Iets goeds wil doen, maar nie fisies in staat nie.]

Sinoniem:
• kragteloos
• onvoldoende
• power

Antoniem:
• sterk
• goed

Afgelei:
• swakheid
• swaksinnig
• swaksiende

Vertaling:
Engels: weak; poorly, badly
Nederlands: zwak

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: plant
Volgende onderwerp: opleiding
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wed Dec 25 06:23:00 UTC 2024