Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » mark
mark [boodskap #126537] Mon, 10 June 2019 06:40
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20946
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
mark
Afbreking: mark




Selfstandige naamwoord: mark
Meervoud: markte, marke
Verkleinwoord: markie
Meervoud van verkleining: markies

Betekenis:
• (handel) 'n Openbare verkoopplek; plein of straat waar handelaars hulle ware aan klante verkoop.
• (ekonomie) Die vraag en aanbod na produkte of dienste wat teen 'n bepaalde prys verhandel word.
• Voormalige Duitse geldeenheid.

Gebruik:
• Sy gaan mark toe om groente en vrugte te koop.
• Daar is nie meer 'n mark vir ou motors soos die nie.
• Die Bundesbank het die Duitse mark beheer tot die euro in 2002 ingevoer is.

Hiponiem:
• aandelemark
• afsetmark
• arbeidsmark
• supermark
• swartmark
• teikenmark
• vismark
• vlooimark

Afgelei:
• markaandeel
• markdag
• markgebou
• markgeld
• markgerig
• markkrag
• markleier
• marknavorsing
• markontleder
• markplein
• markprys
• marksegment
• markverwant
• markwaarde

Vertaling:
Engels: market, market-place; Deutsche Mark
Nederlands: markt; mark

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: geskenk
Volgende onderwerp: oorgeneem
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wed Dec 25 06:45:19 UTC 2024