Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Soos ek dit lankal sien...
Soos ek dit lankal sien... [boodskap #31523 is 'n antwoord op boodskap #31524] |
Fri, 09 June 2000 00:00 |
KaapseKind
Boodskappe: 82 Geregistreer: April 2000
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
Dis nie net skeef nie Riaan - dis hermeneuties onaanvaarbaar en gevaarlik.
As iemand wat Godsdienskunde en Bybelkunde op Hon. vlak verwerf het (nié dat
grade alles sê nie!) is ek verstom om te sien hoe die Bybel verdraai word en
buite konteks aangehaal word vir politiese regverdiging. Maar aan die ander
kant, was dit nie maar nog altyd so die blinddoek van rasse-waansin mense se
oë vir die Waarheid gesluit het nie?
'n Mens hoef nie 'n kenner te wees: Dis tog duidelik dat alles behalwe
respek vir die medemens (ook ander-gelowiges) en naasteliefde (teenoor
andersoortiges) gerieflikheidshalwe die argumente voer.
Binne die Regieuse Studie kringe word daar gepraat van die eksklusiwistiese
siening - dié een wat sê: Glo soos ek of wees verdoem. (Toevallig is daar
sulke benaderings binne all godsdiens-groeperinge maar is veral Christene in
hierdie groep). Dan is daar die pluralistiese siening wat sê: Alles wat
almal glo dra ewe veel gewig. Daar is meer as een weg na saligheid. Dit is
algemene kennis dat die eersgenoemde groep daarop uit is om ander te
bekeer - selfs deur kruistogte!
Belangriker egter, is om te weet waar jy jouself bevind. Watter bril sit jy
op as jy in gesrpek tree. Plaas nou iemand soos onse Frikkie en onse
Gloudina in dieselfde debat - sonder dat (1) beide hul eie
verwysingsraamwerk ken en (2) beide die ander sin respekteer. Dit mag dalk
net die wending van 'n emosionele stoeigeveg neem. Natuurlik sal die
ekslusiwistiese 'bokser' al die houe uithaal om die bril van sy/haar
teestander te versplinter en vice versa. Interessant, maar vervelend
voorspelbaar.
Ek stem volkome saam met jou verwysing na die plek van die Ou Testamentiese
(Testament beteken verbond en hou verband met die besnydenis!). Alhoewel dit
betekenis inhou vir die Christen, is dit in wese deel van die Judaistiese
geskiedskrywing en behoort dit in daardie lig vertolk te word. Die waarhede
daarbinne is geleë in die hermeneuties-korrekte interpretasies rondom die
Karakter van God se openbaring aan die Jode! Dit is in die Bybel omdat ons
daardeur vir God kan leer ken - nie om daardeur wettiese voorskrifte te
versamel nie. Christus maak die Christen immers vry van die wet - deur die
samevatting van die wet in twee gebooie: Wees lief vir God en wees lief vir
jou naaste (die een wat oor jou daaglikse lewenspad kom)! Kan die Christen
dit duideliker hoor? Om enige verwarring uit te skakel, word die verhaal van
die Barmhartige Samaritaan ('n BASTERLING in die oë van die Volk) vertel.
Wees soos hierdie man, oor grense heen. Toon respek. Raak aan. "Sit in die
vergadering saam met....???"
Nee wat, laat ons eerlik wees. Sommige mense word gedryf deur vrees,
bitterheid en haat. Ander verstaan die Evangelie van Liefde en sien selfs
raakpunte met ander gelowe wat dieselfe morele waardes voorstaan. "One does
not need to like the form and shape of a vase, to appreciate the fact that
it is precious to someone else. One does not need to like the colors of a
painting in some elses house, but would not damage it, since it is valued by
another". Respek vir iemand anders beteken respek vir waarin die persoon
glo. (En dis nie Mohammedane nie - hulle verkies Moslems, aangesien hulle
Allah aanbid en nie Mohammed nie). Dit beteken nie die aanvaarding daarvan
nie, dit beteken nie die goedkeuring daarvan nie. Dit beteken selfs nie dat
die eksklusiwistiese Christen nie ander moet bekeer nie - dit beteken slegs:
Ek weet wat beteken dit om Lief te hê. Ek verstaan die Nuwe Testament.
Die bogenoemde mag dalk nie die volle waarheid wees nie. Dit is slegs my
interpretasie van die Waarheid. Ek vind sommige van die verwysings na swart
mense in hierdie nuusgroep werklik onnodig en dit laat 'n siek gevoel op die
maag. Aannames - soos dat swartes bloot vormgodsdiens het, is (om die minste
te sê) arrogant en veroordelend. Dit het weinig met kleur te make en alles
met die uitlewing van die Christelike liefde - OOK HIER. Hoe waar is dit nie
wat die Bybel sê nie: Dis nie wat jy inneem wat jou onrein maak nie, dis wat
sy sê. As dit die geval is, is ons in die kring van die onreines. Hoe
jammer.
Mag die kwaliteit van sommige besprekings verhoog word tot 'n beskaafde
vlak. Mag die rassistiese forum wat hier geskep is so gou as moontlik
tuimel. Of miskien moet ek bloot daaraan gewoond raak dat die beginsel van
vryheid van spraak my eie Afrikanerwees en Christenwees hier in 'n swak lig
sal stel?
Ek wou maar net so bietjie die gif uit die sisteem kry:
My ouma het altyd gesê: "Spit it out, it's poison".
Groete uit die koue Kaapstad en met groot verwagting dat hierdie Nuusgroep
dié wat min sin het om te praat met STILTE sal begroet. Dis wat ek voortaan
sal doen as julle my sal verskoon.
KaapseKind
Riaan skryf in boodskap news:8hinm0$c9t$1@nnrp01.ops.uunet.co.za...
> In die eerste plek moet mens versigtig wees vir die ou testament want baie
> van die goed wat in die tyd reg was is nie van toepassing meer na die koms
> van Jesus nie (dus die nuwe testament).
>
> Ek sien Jesus se volk as die Christen gemeenskap, ongeag ras, nasie of wat
> ook al.
>
> Ek is nie 'n kenner van die Bybel nie, maar 'n paar van die argumente lyk
> vir my bietjie skeef hier.
>
|
|
|
Re: Soos ek dit lankal sien... [boodskap #31524 is 'n antwoord op boodskap #31523] |
Fri, 09 June 2000 00:00 |
KaapseKind
Boodskappe: 82 Geregistreer: April 2000
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
Terloops, noudat ek die lang geskrif weer lees:
Ek meen nie om te impliseer dat Gloudina of Frikkie nie hulle eie
verwysingsraamwerk ken nie. Dis bloot as voorbeeld genoem. *smile*
Hoop nie daar is aanstoot geneem nie.
KaapseKind skryf in boodskap news:3941178b.0@news1.mweb.co.za...
> Dis nie net skeef nie Riaan - dis hermeneuties onaanvaarbaar en gevaarlik.
>
> As iemand wat Godsdienskunde en Bybelkunde op Hon. vlak verwerf het (ni� dat
> grade alles sê nie!) is ek verstom om te sien hoe die Bybel verdraai word en
> buite konteks aangehaal word vir politiese regverdiging. Maar aan die ander
> kant, was dit nie maar nog altyd so die blinddoek van rasse-waansin mense se
> oë vir die Waarheid gesluit het nie?
>
> 'n Mens hoef nie 'n kenner te wees: Dis tog duidelik dat alles behalwe
> respek vir die medemens (ook ander-gelowiges) en naasteliefde (teenoor
> andersoortiges) gerieflikheidshalwe die argumente voer.
>
> Binne die Regieuse Studie kringe word daar gepraat van die eksklusiwistiese
> siening - dié een wat sê: Glo soos ek of wees verdoem. (Toevallig is daar
> sulke benaderings binne all godsdiens-groeperinge maar is veral Christene in
> hierdie groep). Dan is daar die pluralistiese siening wat sê: Alles wat
> almal glo dra ewe veel gewig. Daar is meer as een weg na saligheid. Dit is
> algemene kennis dat die eersgenoemde groep daarop uit is om ander te
> bekeer - selfs deur kruistogte!
>
> Belangriker egter, is om te weet waar jy jouself bevind. Watter bril sit jy
> op as jy in gesrpek tree. Plaas nou iemand soos onse Frikkie en onse
> Gloudina in dieselfde debat - sonder dat (1) beide hul eie
> verwysingsraamwerk ken en (2) beide die ander sin respekteer. Dit mag dalk
> net die wending van 'n emosionele stoeigeveg neem. Natuurlik sal die
> ekslusiwistiese 'bokser' al die houe uithaal om die bril van sy/haar
> teestander te versplinter en vice versa. Interessant, maar vervelend
> voorspelbaar.
>
> Ek stem volkome saam met jou verwysing na die plek van die Ou Testamentiese
> (Testament beteken verbond en hou verband met die besnydenis!). Alhoewel dit
> betekenis inhou vir die Christen, is dit in wese deel van die Judaistiese
> geskiedskrywing en behoort dit in daardie lig vertolk te word. Die waarhede
> daarbinne is geleë in die hermeneuties-korrekte interpretasies rondom die
> Karakter van God se openbaring aan die Jode! Dit is in die Bybel omdat ons
> daardeur vir God kan leer ken - nie om daardeur wettiese voorskrifte te
> versamel nie. Christus maak die Christen immers vry van die wet - deur die
> samevatting van die wet in twee gebooie: Wees lief vir God en wees lief vir
> jou naaste (die een wat oor jou daaglikse lewenspad kom)! Kan die Christen
> dit duideliker hoor? Om enige verwarring uit te skakel, word die verhaal van
> die Barmhartige Samaritaan ('n BASTERLING in die oë van die Volk) vertel.
> Wees soos hierdie man, oor grense heen. Toon respek. Raak aan. "Sit in die
> vergadering saam met....???"
>
> Nee wat, laat ons eerlik wees. Sommige mense word gedryf deur vrees,
> bitterheid en haat. Ander verstaan die Evangelie van Liefde en sien selfs
> raakpunte met ander gelowe wat dieselfe morele waardes voorstaan. "One does
> not need to like the form and shape of a vase, to appreciate the fact that
> it is precious to someone else. One does not need to like the colors of a
> painting in some elses house, but would not damage it, since it is valued by
> another". Respek vir iemand anders beteken respek vir waarin die persoon
> glo. (En dis nie Mohammedane nie - hulle verkies Moslems, aangesien hulle
> Allah aanbid en nie Mohammed nie). Dit beteken nie die aanvaarding daarvan
> nie, dit beteken nie die goedkeuring daarvan nie. Dit beteken selfs nie dat
> die eksklusiwistiese Christen nie ander moet bekeer nie - dit beteken slegs:
> Ek weet wat beteken dit om Lief te hê. Ek verstaan die Nuwe Testament.
>
> Die bogenoemde mag dalk nie die volle waarheid wees nie. Dit is slegs my
> interpretasie van die Waarheid. Ek vind sommige van die verwysings na swart
> mense in hierdie nuusgroep werklik onnodig en dit laat 'n siek gevoel op die
> maag. Aannames - soos dat swartes bloot vormgodsdiens het, is (om die minste
> te sê) arrogant en veroordelend. Dit het weinig met kleur te make en alles
> met die uitlewing van die Christelike liefde - OOK HIER. Hoe waar is dit nie
> wat die Bybel sê nie: Dis nie wat jy inneem wat jou onrein maak nie, dis wat
> sy sê. As dit die geval is, is ons in die kring van die onreines. Hoe
> jammer.
>
> Mag die kwaliteit van sommige besprekings verhoog word tot 'n beskaafde
> vlak. Mag die rassistiese forum wat hier geskep is so gou as moontlik
> tuimel. Of miskien moet ek bloot daaraan gewoond raak dat die beginsel van
> vryheid van spraak my eie Afrikanerwees en Christenwees hier in 'n swak lig
> sal stel?
>
> Ek wou maar net so bietjie die gif uit die sisteem kry:
> My ouma het altyd gesê: "Spit it out, it's poison".
>
> Groete uit die koue Kaapstad en met groot verwagting dat hierdie Nuusgroep
> dié wat min sin het om te praat met STILTE sal begroet. Dis wat ek voortaan
> sal doen as julle my sal verskoon.
>
> KaapseKind
>
> Riaan wrote in message
> news:8hinm0$c9t$1@nnrp01.ops.uunet.co.za...
>> In die eerste plek moet mens versigtig wees vir die ou testament want baie
>> van die goed wat in die tyd reg was is nie van toepassing meer na die koms
>> van Jesus nie (dus die nuwe testament).
>>
>> Ek sien Jesus se volk as die Christen gemeenskap, ongeag ras, nasie of wat
>> ook al.
>>
>> Ek is nie 'n kenner van die Bybel nie, maar 'n paar van die argumente lyk
>> vir my bietjie skeef hier.
>>
>
|
|
|
|
|
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [ ]
Tyd nou: Thu Dec 26 06:24:55 UTC 2024
|