blyk [boodskap #126515] |
Sun, 09 June 2019 09:15 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
blyk
Afbreking: blyk
Selfstandige naamwoord: blyk
Meervoud: blyke
Verkleinwoord: blykie
Meervoud van verkleining: blykies
Betekenis:
• 'n Bewys; 'n sigbare teken van iets.
Gebruik:
• As blyk van liefde en waardering het die gemeente ’n beurs van R20000 aan hom toegeken.
Vertaling:
Engels: token, mark, signal
Nederlands: blijk
Werkwoord: blyk
Verlede tyd: het geblyk
Betekenis:
• Duidelik is of duidelik word; uit iets waarneembaar wees of word.
Gebruik:
• Dit blyk dat dwaalleraars die afvalliges verwar het.
Homofoon:
• bleik (wit of ligter maak)
Vertaling:
Engels: to become apparent, appear, seem
Nederlands: blijken
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|