struktuur [boodskap #126512] |
Sun, 09 June 2019 08:43 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21038 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
struktuur
Afbreking: struk•tuur
Selfstandige naamwoord: struktuur
Meervoud: strukture
Verkleinwoord: struktuurtjie
Meervoud van verkleining: struktuurtjies
Betekenis:
• Samestelling; die interne opmaak van 'n geheel.
• Bouwyse; vorm; die manier waarop 'n saamgestelde geheel opgebou is.
Gebruik:
• Die voël se nes is 'n ongelooflike struktuur van stokkies en grashalms.
• Sy vingers volg die struktuur van haar gesig.
Hiponiem:
• atoomstruktuur
• blokstruktuur
• bolstruktuur
• boogstruktuur
• dieptestruktuur
• keëlstruktuur
• laagstruktuur
• selstruktuur
Afgelei:
• struktureel
• struktureer
• struktuurformule
• struktuurloos
Vertaling:
Engels: structure, texture
Nederlands: structuur
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|