Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » betaal
betaal [boodskap #126511] Sun, 09 June 2019 08:39
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21038
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
betaal
Afbreking: be•taal




Werkwoord: betaal
Verlede tyd: het betaal
Teenwoordige deelwoord: betalend, betalende
Verlede deelwoord: betaalde

Betekenis:
• Geld gee om 'n transaksie te voltooi; betaling vir 'n produk gekoop of diens gelewer.
• Vir iets boet; straf vir iets wat verkeerd gedoen is.

Gebruik:
• Ek moet nog my munisipale rekening betaal.
• Die dief het met sy lewe betaal.

Spreekwoord:
• Deur jou nek betaal. [Baie duur betaal.]
• In klinkende munt betaal. [Kontant betaal.]
• Net ’n appel en ei vir iets betaal. [Iets baie goedkoop verkry.]
• Ek sal jou na die pampoenoes betaal. [Later, eers as ek geld het.]
• Hy betaal duur leergeld. [Baie skade kry terwyl 'n mens daardeur ervaring opdoen.]
• Sy moet die gelag betaal. [Boet vir iets wat 'n ander verkeerd gedoen het.]
• Hy sal jou opskroef as jy nie betaal nie. [Iemand dwing om sy skuld te betaal.]
• Iemand met gelyke munt betaal. [Hom op dieselfde manier behandel as wat hy jou behandel het.]

Afgelei:
• betaler
• betalend

Vertaling:
Engels: to pay, settle
Nederlands: betalen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: goewerneur
Volgende onderwerp: struktuur
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wed Jan 15 09:19:49 UTC 2025