Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » metafoor
metafoor [boodskap #126494] Sat, 08 June 2019 15:55
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21038
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
metafoor
Afbreking: me•ta•foor
Uitspraak: /ˌmɪə̯.taˈfʊə̯r/




Selfstandige naamwoord: metafoor
Meervoud: metafore
Verkleinwoord: metafoortjie
Meervoud van verkleining: metafoortjies

Betekenis:
• Beeldspraak waarby 'n implisiete (onuitgesproke) vergelyking getref word.

Gebruik:
• 'n Metafoor is wanneer A aan B gelyk gestel word, met die bedoeling om B se eienskappe aan A toe te dig.
• Voorbeelde van metafore: "'n Hart van klip"; "Die oseaan van die lewe"; "'n Wil van staal".

Afgelei:
• metafories

Afkorting:
• metaf.

Verwant:
• beeldspraak
• vergelyking

Vertaling:
Engels: metaphor
Nederlands: metafoor

Nota:
• 'n Vergelyking bevat die woord "soos", maar by 'n metafoor word dit uitgelaat.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: insluit
Volgende onderwerp: eeue
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wed Jan 15 09:50:27 UTC 2025