Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » insluit
insluit [boodskap #126493] Sa, 08 Junie 2019 15:30
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19041
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
insluit
Afbreking: in•sluit



Werkwoord: sluit in, insluit
Verlede tyd: het ingesluit

Betekenis:
• Bysit; saam met iets anders sit.
• Omsingel; deur iets omgewe wees; deel wees van.
• Toesluit; in iets opsluit.

Gebruik:
• Kan ons jou vir môre se wedstryd insluit? Hy sluit altyd 'n ekstra fooitjie by die rekening in.
• Die Kalahari is 'n woestyn wat 'n groot gedeelte van Botswana, asook dele van Namibië en Suid-Afrika, insluit.
• Voor die plaasaanval het die inwoners hulself in die badkamer ingesluit.

Antoniem:
• uitsluit

Afgelei:
• insluitend
• insluiting
• insluitsel

Vertaling:
Engels: to include, enclose, surround, lock in
Nederlands: insluiten

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: vele
Volgende onderwerp: metafoor
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 20 18:40:35 MGT 2024