vervoer [boodskap #126435] |
Thu, 06 June 2019 19:18 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
vervoer
Afbreking: ver•voer
Selfstandige naamwoord: vervoer
Meervoud: –
Betekenis:
• Die handeling om passasiers en goedere van die een plek na 'n ander te neem.
• Enige middel van transport; vervoermiddel.
Gebruik:
• Die produk word in skeepshouers verpak en na die belangrikste markte vervoer.
• Het julle al vervoer na die treinstasie?
Sinoniem:
• transport
Hiponiem:
• kabelvervoer
• kortafstandvervoer
• laaikisvervoer
• lugvervoer
• massavervoer
• meubelvervoer
• padvervoer
• personevervoer
• seevervoer
• snelvervoer
• spoorvervoer
• spoorwegvervoer
• sweefvervoer
• trekvervoer
• troepevervoer
Afgelei:
• vervoerafdeling
• vervoerbaar
• vervoerband
• vervoerbehoeftes
• vervoerbeplanning
• vervoerder
• vervoerdienste
• vervoerdilemma
• vervoergeriewe
• vervoerinfrastruktuur
• vervoerkapasiteit
• vervoerkongestie
• vervoerkontrak
• vervoerkoste
• vervoermaatskappy
• vervoermiddel
• vervoerondernemer
• vervoerongelukke
• vervoerontwikkelinge
• vervoerpermitte
• vervoerplanne
• vervoerplig
• vervoerprobleem
• vervoerprojekte
• vervoerrekening
• vervoersektor
• vervoersfeer
• vervoerstelsel
• vervoertarief
• vervoertegnologie
• vervoertempo
• vervoeruitleg
• vervoervereistes
• vervoerverskaffers
• vervoerverwante
• vervoervoorsiening
• vervoervoorwaardes
• vervoervorm
• vervoervraag
• vervoerweg
• vervoerwese
Vertaling:
Engels: transport
Nederlands: vervoer
Werkwoord: vervoer
Verlede tyd: het vervoer
Betekenis:
• Om passasiers en goedere elders te neem.
• (figuurlik) Om emosioneel mee te sleep, buite jouself bring; oorweldig.
Gebruik:
• Briewe word in 'n possak vervoer. 'n Taxi het die besoekers na die treinstasie vervoer.
• Sy is vervoer deur die mooi uitsig.
Sinoniem:
• aanry
• karwei
• transporteer
• versend
• verskeep
Vertaling:
Engels: to transport, convey, carry
Nederlands: vervoeren
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|