Leksikograaf Boodskappe: 20614 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
nogtans
Afbreking: nog•tans
Bywoord: nogtans
Betekenis:
• Dui 'n teenstelling aan; ten spyte van wat pas gesê is; desnieteenstaande.
Gebruik:
• Al sou die vyeboom nie bot nie en daar geen druiwe aan die wingerde wees nie, al sou die olyfoes misluk en die lande geen oes lewer nie, al sou daar geen kleinvee in die kampe meer wees nie en die beeskrale sonder beeste wees, nogtans sal ek in die Here jubel, sal ek juig in God, my Redder. [Habakuk 3:17-18]
Sinoniem:
• nietemin
Vertaling:
Engels: nevertheless, yet, still
Nederlands: nochtans, echter
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.