geloof [boodskap #126424 ]
Do, 06 Junie 2019 06:43
Leksikograaf
Boodskappe: 20799Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
geloof
Afbreking: ge•loof
Selfstandige naamwoord: geloof
Meervoud: gelowe
Verkleinwoord: gelofie
Meervoud van verkleining: gelofies
Betekenis:
• (religie ) 'n Godsdienstige oortuiging.
• Die oortuiging dat iets so is.
Gebruik:
• 'n Sendeling is 'n persoon wat probeer om mense tot sy eie geloof te bekeer. Watter geloof hang jy aan?
• Ek is vol geloof dat sy van die siekte sal genees.
Hiponiem:
• bygeloof
• skyngeloof
• wangeloof
Afgelei:
• geloofsaak
• geloofsbelewing
• geloofsbelydenis
• geloofsbesinning
• geloofsbeswaar
• geloofsbrief
• geloofsdaad
• geloofservaring
• geloofsformulier
• geloofsgeneser
• geloofsgenesing
• geloofsgenoot
• geloofsgetuie
• geloofsgroep
• geloofsidentiteit
• geloofskwessie
• geloofsleer
• geloofslewe
• geloofsoortuiging
• geloofsversaker
• geloofsversaking
• geloofsvertroue
• geloofsvervolging
• geloofsvryheid
• geloofwaardig
Vertaling:
Engels: faith, creed, trust, belief, religion
Nederlands: geloof
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.