Stel ons mekaar nog voor? [boodskap #10686] |
Tue, 09 September 1997 00:00 |
Alwyn Nel
Boodskappe: 174 Geregistreer: March 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ma kom toe noudiedag kuier, en bring 'n ou (Hollandse) vriend saam waarvan
ek nognet gehoor het, nooit ontmoet het nie. Oom Jaap Fortuin steek sy
regter hand uit terwyl die hotklou die rand van die hoed so effe lig.
"Fortuin" se hy, "Aangenaam."
"Alwyn" se ek. "Hi"
"Haai", se Ma, "ek het skoon vergeet om julle voor te stel."
Dit laat my toe dink. Lanklaas wat ek gehoor het iemand stel homself voor
slegs op sy van. En nog minder dat iemand dit snaaks sien dat mense hulself
aan mekaar voorstel. Gebeur dit nog dat ons mekaar voorstel aan ander? Ek
probeer toe nou terugdink aan my laaste jare in die uitsaaiwese waar ek
letterlik duisende mense ontmoet het. En hoeveel keer ek aan hulle
voorgestel was, en hoeveel keer ek dit self gedoen het. En gewoonlik was
dit "hello, ek is Piet"
Is hierdie gebruik aan die uitsterf? Het ons nog tyd om so beleefd te wees?
Alwyn Nel
|
|
|
Re: Stel ons mekaar nog voor? [boodskap #10740 is 'n antwoord op boodskap #10686] |
Thu, 11 September 1997 00:00 |
At de Lange
Boodskappe: 297 Geregistreer: November 1995
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Alwyn Nel skryf:
> Ma kom toe noudiedag kuier, en bring 'n ou (Hollandse) vriend saam waarvan
> ek nognet gehoor het, nooit ontmoet het nie. Oom Jaap Fortuin steek sy
> regter hand uit terwyl die hotklou die rand van die hoed so effe lig.
> "Fortuin" se hy, "Aangenaam."
> "Alwyn" se ek. "Hi"
> "Haai", se Ma, "ek het skoon vergeet om julle voor te stel."
>
> Dit laat my toe dink. Lanklaas wat ek gehoor het iemand stel homself voor
> slegs op sy van.
Liewe Aalwyn,
Dit laat my dink aan sowat 15 jaar terug toe eendag
naby Griekwastad langs die pad stil gehou het om
na 'n klomp noorse (vetplante wat melk bevat) te kyk.
Ek was verbaas omdat hulle so ver ooswaarts
voorgekom het.
Terwyl ek so oor die draad geleun het en staan dink
het, stop 'n bakkie langs my. 'n Man klim uit en stap
na my toe met uitgestrekte arm en sê: "Koffie".
Ek groet terug en sê: "At de Lange. Ek is bly om
kennis te maak. Ja, dankie, kofiie sal lekker wees.
Man, verskoon my, ek was so ingedagte oor daai
plante teen die berg dat ek nie jou van onthou het
nie." Toe antwoord hy: "Koffie." Stommerik wat ek
is, se ek: "S^e eers jou van." Geduldig antwoord
hy: "Koffie". Toe besef ek eers watter krater ek
van myself gemaak het. My lus vir koffie het my
skoon verkeerd laat dink.
Alles van die beste
At de Lange
|
|
|