| verhoog [boodskap #126403] |
Wo., 05 Junie 2019 12:47 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 25519 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
'n Saal met die verhoog voor.
verhoog
Afbreking: ver•hoog
Samestelling: ver- + hoog
Selfstandige naamwoord: verhoog
Meervoud: verhoë
Verkleinwoord: verhogie
Meervoud van verkleining: verhogies
Betekenis:
• 'n Verhoogde platform, tipies in 'n saal, vanwaar toesprake en optredes gelewer word.
Gebruik:
• Die skoolhoof spreek die skoliere vanaf die verhoog toe.
• Die popster het 'n staande ovasie ontvang toe sy op die verhoog klim.
Hiponiem:
• arenaverhoog
• halfmaanverhoog
• dwarsverhoog
• hoekverhoog
• swaaiverhoog
• tongverhoog
• wêreldverhoog
Afgelei:
• verhoogakteur
• verhoogdebuut
• verhooginstruksies
• verhoogkuns
• verhoogkunstenaar
• verhoogopset
• verhoogoptrede
• verhoogpersoonlikheid
• verhoogrol
• verhoogskag
• verhoogspel
• verhoogstuk
• verhoogstyl
• verhoogvertoning
• verhoogvrees
• verhoogwaardig
• verhoogwerk
Verwant:
• podium
Vertaling:
Engels: stage, platform
Nederlands: verhoog
Werkwoord: verhoog
Verlede tyd: het verhoog
Teenwoordige deelwoord: verhogend, verhogende
Verlede deelwoord: verhoogde
Betekenis:
• Om iets hoër of meer te maak.
Gebruik:
• Die kontrakteur verhoog die damwal met 7 meter.
• Die regering het die belasting verhoog.
Sinoniem:
• vermeerder
Antoniem:
• verlaag
• verminder
Afgelei:
• verhoogbaar
• verhoging
Vertaling:
Engels: to raise, increase, elevate
Nederlands: verhogen
Byvoeglike naamwoord: verhoog
Attributief: verhoogde
Betekenis:
• Wat hoër of meer gemaak is.
Gebruik:
• Die werkers moet vir hulle verhoogde produktiwiteit beloon word.
Vertaling:
Engels: raised
Nederlands: verhoogd
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|