Betekenis:
• 'n Toestand van duisternis met min of geen lig.
Gebruik:
• Uile kan besonder goed in die donker sien.
Spreekwoord:
• Die kat in die donker knyp. [Heimlik kwaad aandoen.]
• Jy tas in die donker rond. [Daar is geen oplossing nie.]
• Donkerwerk is konkelwerk. [’n Mens knoei wanneer jy in die donker werk.]
• In die donker is alle katte grou. [Wanneer dit donker is, kan 'n mens nie verskil tussen mooi en lelik sien nie.]