Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » donker
donker [boodskap #126374] Ma, 03 Junie 2019 15:50
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20785
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
donker
Afbreking: don•ker
Uitspraak: /ˈdɔŋ.kər/




Byvoeglike naamwoord: donker
Vergrotende trap: donkerder
Oortreffende trap: donkerste
Attributief: donker
Intensief: pikdonker, stikdonker, doodsdonker, nagdonker

Betekenis:
• Met min of geen lig.
• Swart of byna swart.

Gebruik:
• Die huis is donker in die nag.
• Hy het donker oë.

Sinoniem:
• duister

Antoniem:
• lig

Vertaling:
Engels: dark, cloudy, obscure
Nederlands: donker


Selfstandige naamwoord: donker
Meervoud:

Betekenis:
• Toestand van min of geen lig; duisternis.

Gebruik:
• Katte kan besonder goed hoor en in die donker sien.

Spreekwoord:
• Jy tas in die donker rond. [Daar is geen oplossing nie.]
Donkerwerk is konkelwerk. [’n Mens knoei wanneer jy in die donker werk.]
• Die kat in die donker knyp. [Heimlik kwaad aandoen.]
• In die donker is alle katte grou. [Wanneer dit donker is, kan 'n mens nie verskil tussen mooi en lelik sien nie.]

Afgelei:
• donkerte

Vertaling:
Engels: dark, darkness
Nederlands: donker

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: beskerm
Volgende onderwerp: Egipte
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Nov 23 21:39:35 MGT 2024