Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » voer
voer [boodskap #126369] Mon, 03 June 2019 06:24
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20946
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
voer
Afbreking: voer




Selfstandige naamwoord: voer
Meervoud: voere
Verkleinwoord: voertjie
Meervoud van verkleining: voertjies

Betekenis:
• (voeding) Kos, in die besonder vir plaasdiere.

Gebruik:
• Die boer ry na die koöperasie om voer vir sy beeste te koop.

Afgelei:
• veevoer
• voerbak

Vertaling:
Engels: fodder
Nederlands: voer


Werkwoord: voer
Verlede tyd: het gevoer

Betekenis:
• Om 'n dier (of diere) kos te gee.
• Om iets te doen; besig wees.

Gebruik:
• Die veeboer voer sy hoenders.
• Wat voer jy in die mou? Hulle voer oorlog teen mekaar.

Spreekwoord:
• Iets in die mou voer. [Geheime planne of voornemens hê.]
• Met die paplepel voer. [So eenvoudig te werk gaan dat die domste dit kan leer.]

Vertaling:
Engels: to feed; to wage, conduct
Nederlands: voeren

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: ontmoet
Volgende onderwerp: stem
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Tue Dec 24 18:34:26 UTC 2024