Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Rekenaars & selfone » GEVAAR !!! DIE MOEDER VAN ALLE VIRUSSE ....!!
GEVAAR !!! DIE MOEDER VAN ALLE VIRUSSE ....!! [boodskap #10662 is 'n antwoord op boodskap #10663] Di, 09 September 1997 00:00 na volgende boodskap
gal...  is tans af-lyn  gal...
Boodskappe: 191
Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
Senior Lid
Geagte rekenaargebruiker: Wees gewaarsku !
Die moeder van alle virusse is nou op jag...
Hierdie ongelooflike kragtige virus is iewers in
Australie in die Outback deur 'n bose rekenaardeskundige geskep.
Die doel van hierdie virus is om uiteindelik die hele Internet
plat te trek. Dit het reeds duisende rekenaars vernietig en
'n spoor van verwoesting word gesaai. NASA, die CIA en ander geheime
agentskappe en organisasies is dag en nag besig om dit te beveg.
(Dit word egter ontken omdat dit paniek sal veroorsaak).

Die virus word deur versprei deur Internet nuusgroepe en E-pos,
en muteer so vinnig dat dit onmoontlik is om dit te tipeer.
Die virus neem besit van jou harde skyf en ander hardeware soos
modems ens. Dit aktiveer al hierdie apparatuur tegelyktydig en
opereer dit op so manier dat dit 'n groot stroom trek en dan
breek of vasbrand. Terwyl party mense slegs gebreekte
drukkers/modems/harde skywe ens rapporteer, is baie mense
elektriese skokke toegedien deur hul kragbronne wat ingee.
Rekenaarskerms is ook geneig om te kraak en giftige gasse uit die
buis vry te laat. Laserdrukkers raak heeltemal van hul trollie af
en stuur laserstrale in alle rigtings uit. Hoe meer apparate
aan die rekenaar gekoppel is, hoe groter is die kakofonie.
Die eerste slagoffer was Bruce en Sheila Shepherd in die Outback
wat 'n E-pos briefie wou lees van hul seun in die stad.
Die metaal van die bierblikke in hul hande het as 'n geleier
gedien en so 'n geweldige skok veroorsaak dat hul aan die rekenaar
vasgesmelt het.

Daar is nog geen kuur vir hierdie virus nie,
as jy enisins 'n gevoel kry dat jou rekenaarskyf bietjie harder raas,
moet jy onmiddellik wegbeweeg van jou rekenaar!
As jy by die werk is, moet jy hard gil en die brandalarm afslaan.
Jy moet dan die hoof-kragskakelaar gaan afskakel en met handskoene.
en 'n geisoleerde knipper (om elektriese skokke te vermy), die
telefoonlyn afknip. As jy 'n brandblusser het moet jy dan jou
rekenaar vol spuit, so nie gebruik water of piepie sommer daarop.
Gaan sit dan in die kleinste kamer in die gebou (gewoonlik die
kleinhuisie...) met 'n kombers oor jou kop. As daar na 'n uur nog geen
ontploffings is nie, kan jy uitkom. Wees egter versigtig en loer eers
om die hoekie! Vernietig onmiddellik alle rekenaarapparatuur. As jy
in 'n hoe gebou is, neuk dit sommer deur die venster. Wees bly dat jy
lewend daarvan afgekom het, en moet nooit weer aan 'n rekenaar vat nie!
Die verdomde goed! Digene wat op plase bly moet onmiddellik 'n weerlig-
afleier span vanaf hul rekenaar tot by die naaste windpomp,
(en ophou suip!). Of hulle moet hul rekenaars omskakel na paraffiengebruik.
Vriendelike groete
|
| ___/////
| / \ /|
| / O \ \/ |
J > / /\ |
\_________/ \|
\\\
NS: Stuur onmiddellik hierdie waarskuwingsbrief aan 8 ander mense,
en stuur $200 aan my. As jy dit nie doen nie, sal 'n ongeluk jou tref.
Re: GEVAAR !!! DIE MOEDER VAN ALLE VIRUSSE ....!! - newsletter16.htm [0/1] [boodskap #10663 is 'n antwoord op boodskap #10662] Di, 09 September 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
fantim  is tans af-lyn  fantim
Boodskappe: 8
Geregistreer: Augustus 1997
Karma: 0
Junior Lid
Ha ha ha ha :))))

Dankie galjoen. tenminste is daar nog 'n paar mense wat virusse sien vir
wat hulle is.

Op nog ' humoristiese toon: Wie van julle lees die dilbert strokies
prente en boeke? Ek sal vir julle die nuutste dilbert nuusbrief hierby
aanheg.

Groete
FanTim
Re: GEVAAR !!! DIE MOEDER VAN ALLE VIRUSSE ....!! [boodskap #10664 is 'n antwoord op boodskap #10663] Di, 09 September 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
mcb...  is tans af-lyn  mcb...
Boodskappe: 9
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Junior Lid
Ek het hierdie een nogal geniet......mooi
DG in ITALY
Re: GEVAAR !!! DIE MOEDER VAN ALLE VIRUSSE ....!! [boodskap #10665 is 'n antwoord op boodskap #10663] Di, 09 September 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
mcb...  is tans af-lyn  mcb...
Boodskappe: 9
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Junior Lid
Galjoen, Een poepol het jou geglo....................MacMan jy is die een
wat siek geword het na hierie storie. (Bel vir SuperMan) :-)
DG in ITALY
Re: GEVAAR !!! DIE MOEDER VAN ALLE VIRUSSE ....!! [boodskap #10666 is 'n antwoord op boodskap #10663] Di, 09 September 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
MacMan  is tans af-lyn  MacMan
Boodskappe: 1
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Junior Lid
I love you!!!!!! Jou ou siek moer!!!!!!

In article , gal...@ozemail.com.au
wrote:

> Geagte rekenaargebruiker: Wees gewaarsku !
> Die moeder van alle virusse is nou op jag...
> Hierdie ongelooflike kragtige virus is iewers in
> Australie in die Outback deur 'n bose rekenaardeskundige geskep.
> Die doel van hierdie virus is om uiteindelik die hele Internet
> plat te trek. Dit het reeds duisende rekenaars vernietig en
> 'n spoor van verwoesting word gesaai. NASA, die CIA en ander geheime
> agentskappe en organisasies is dag en nag besig om dit te beveg.
> (Dit word egter ontken omdat dit paniek sal veroorsaak).
>
> Die virus word deur versprei deur Internet nuusgroepe en E-pos,
> en muteer so vinnig dat dit onmoontlik is om dit te tipeer.
> Die virus neem besit van jou harde skyf en ander hardeware soos
> modems ens. Dit aktiveer al hierdie apparatuur tegelyktydig en
> opereer dit op so manier dat dit 'n groot stroom trek en dan
> breek of vasbrand. Terwyl party mense slegs gebreekte
> drukkers/modems/harde skywe ens rapporteer, is baie mense
> elektriese skokke toegedien deur hul kragbronne wat ingee.
> Rekenaarskerms is ook geneig om te kraak en giftige gasse uit die
> buis vry te laat. Laserdrukkers raak heeltemal van hul trollie af
> en stuur laserstrale in alle rigtings uit. Hoe meer apparate
> aan die rekenaar gekoppel is, hoe groter is die kakofonie.
> Die eerste slagoffer was Bruce en Sheila Shepherd in die Outback
> wat 'n E-pos briefie wou lees van hul seun in die stad.
> Die metaal van die bierblikke in hul hande het as 'n geleier
> gedien en so 'n geweldige skok veroorsaak dat hul aan die rekenaar
> vasgesmelt het.
>
> Daar is nog geen kuur vir hierdie virus nie,
> as jy enisins 'n gevoel kry dat jou rekenaarskyf bietjie harder raas,
> moet jy onmiddellik wegbeweeg van jou rekenaar!
> As jy by die werk is, moet jy hard gil en die brandalarm afslaan.
> Jy moet dan die hoof-kragskakelaar gaan afskakel en met handskoene.
> en 'n geisoleerde knipper (om elektriese skokke te vermy), die
> telefoonlyn afknip. As jy 'n brandblusser het moet jy dan jou
> rekenaar vol spuit, so nie gebruik water of piepie sommer daarop.
> Gaan sit dan in die kleinste kamer in die gebou (gewoonlik die
> kleinhuisie...) met 'n kombers oor jou kop. As daar na 'n uur nog geen
> ontploffings is nie, kan jy uitkom. Wees egter versigtig en loer eers
> om die hoekie! Vernietig onmiddellik alle rekenaarapparatuur. As jy
> in 'n hoe gebou is, neuk dit sommer deur die venster. Wees bly dat jy
> lewend daarvan afgekom het, en moet nooit weer aan 'n rekenaar vat nie!
> Die verdomde goed! Digene wat op plase bly moet onmiddellik 'n weerlig-
> afleier span vanaf hul rekenaar tot by die naaste windpomp,
> (en ophou suip!). Of hulle moet hul rekenaars omskakel na paraffiengebruik.
> Vriendelike groete
> |
> | ___/////
> | / \ /|
> | / O \ \/ |
> J > / /\ |
> \_________/ \|
> \\\
> NS: Stuur onmiddellik hierdie waarskuwingsbrief aan 8 ander mense,
> en stuur $200 aan my. As jy dit nie doen nie, sal 'n ongeluk jou tref.
>
Re: GEVAAR !!! DIE MOEDER VAN ALLE VIRUSSE ....!! [boodskap #10732 is 'n antwoord op boodskap #10663] Do, 11 September 1997 00:00 Na vorige boodskap
Vyg  is tans af-lyn  Vyg
Boodskappe: 40
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Volle Lid
Galjoen,

sommige mense is net eenvoudig te DOM
om te besef dat hul mee gespeel word.

he he he,

hoor hoe hardloop hulle...
dom-dom...dom-dom..dom ...dom

lekker grap !
Vyg
Vorige onderwerp: ALLE E-POS LESERS
Volgende onderwerp: Afrikaans Spell Check
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 14:01:40 MGT 2024