gewoon [boodskap #126350] |
Sa, 01 Junie 2019 16:29 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20785 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
gewoon
Afbreking: ge•woon
Byvoeglike naamwoord: gewoon
Vergrotende trap: gewoner
Oortreffende trap: gewoonste
Attributief: gewone
Partitief: gewoons
Intensief: doodgewoon
Betekenis:
• Nie baie besonders of spesiaal nie; soos gebruiklik.
Gebruik:
• Haar voorkoms is baie gewoon.
• Die rekenaar het iets gewoons geword.
Sinoniem:
• alledaags
• normaal
• ordinêr
Antoniem:
• ongewoon
Afgelei:
• buitengewoon
• doodgewoon
Vertaling:
Engels: plain, common, normal, ordinary, regular
Nederlands: gewone
Werkwoord: woon
Verlede tyd: het gewoon
Betekenis:
• Verlede tyd van woon: plek waar iemand gebly en geleef het.
Gebruik:
• 'n Nedersetting is 'n plek waar 'n groep mense woon of in die verlede gewoon het.
Vertaling:
Engels: lived
Nederlands: woonde
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|