Leksikograaf Boodskappe: 21086 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
inligting
Afbreking: in•lig•ting
Selfstandige naamwoord: inligting
Meervoud: –
Betekenis:
• Die kennis wat iemand bekom.
• Die verstrekking van bestaande kennis.
• Die resultaat van data wat versamel, verwerk, gemanipuleer en georganiseer is om die kennis van die ontvanger te verryk.
Gebruik:
• Kan u my meer inligting hieroor gee?
• Ter inligting: u kan u vraestelle hier kom afhaal.
• Inligting as konsep het verskeie betekenisse wat wissel van alledaagse gebruik tot tegniese betekenisse.
Sinoniem:
• gegewens
• informasie
Antoniem:
• deinformasie
Vertaling:
Engels: information
Nederlands: informatie
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.