Leksikograaf Boodskappe: 21086 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
gelede
Afbreking: ge•le•de
Bywoord: gelede
Betekenis:
• Dit wat verby is; wat in die verlede afgespeel het.
Gebruik:
• Die bus is 5 minute gelede hier verby.
• Die laaste glasiale tyd het sowat 15 000 jaar gelede geëindig, terwyl die huidige ystydperk steeds voortduur.
Vertaling:
Engels: past, ago, since
Nederlands: gelede
Byvoeglike naamwoord: geleed
Attributief: gelede
Betekenis:
• Attributiewe vorm van geleed: wat uit segmente of litte bestaan.
Gebruik:
• Insekte het, nes ander geleedpotiges, gesegmenteerde liggame en gelede pote.
Afgelei:
• geleedpotig
Vertaling:
Engels: arthropodal
Nederlands: geleed
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.