rolprent [boodskap #126252] |
Wed, 29 May 2019 06:38 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21086 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
rolprent
Afbreking: rol•prent
Samestelling: rol + prent
Selfstandige naamwoord: rolprent
Meervoud: rolprente
Verkleinwoord: rolprentjie
Meervoud van verkleining: rolprentjies
Betekenis:
• 'n Opname van bewegende beelde wat 'n verhaal vertel; film wat met 'n projektor aan die publiek vertoon kan word.
Gebruik:
• Bakgat is 'n Afrikaanse rolprent wat op 11 April 2008 in teaters begin draai het.
Sinoniem:
• bioskoopprent
• fliek
• film
• moewie (informeel)
Hiponiem:
• klankrolprent
• tekenrolprent
Afgelei:
• rolprentakteur
• rolprentaktrise
• rolprentbedryf
• rolprentdrama
• rolprentheld
• rolprentkamera
• rolprentkunstenaar
• rolprentmaker
• rolprentman
• rolprentprojektor
• rolprentregisseur
• rolprentresensent
• rolprentrol
• rolprentskerm
• rolprentskrywer
• rolprentspeler
• rolprentstel
• rolprentster
• rolprentstorie
• rolprentteater
• rolprenttitels
• rolprentvertoning
• rolprentwerk
• rolprentwese
Vertaling:
Engels: film, movie
Nederlands: film
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|