Betekenis:
• (wetenskap) Die studie van die literatuur, oftewel die tekste wat in 'n taal geskryf is.
Gebruik:
• Die estetiese waarde van letterkunde lê in die skoonheid van taalgebruik en/of die gevoel wat dit by die leser aanwakker.
• W.E.G. Louw was 'n professor in Nederlandse letterkunde aan die Universiteit van Stellenbosch.
Sinoniem:
• literatuur
Afkorting:
• lettk.
Vertaling:
Engels: literature
Nederlands: letterkunde
Nota:
• Die woord letterkunde is afgelei uit Latyn, 'litterae', meervoud van letter.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.